Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Koffie, stories en smeltlekker musiek
Lourens en Esté Rabe, oftewel, die Bottomless Coffee Band in Die Boer se ‘speelkamer’. Foto’s: Hesmarie Durant/Die Boer-restaurantteater

’n Gewone aanlyn vertoning is vir Margit Meyer-Rödenbeck geensins bevredigend nie. Elke produksie moet spesiaal hanteer word en ’n eie karakter gegee word – en daarvoor gaan sy uit haar pad.

Vir Die Boer by die huis se derde aanbieding – ná Marion Holm en Sandra Prinsloo se Oskar en die pienk tannie – het Meyer-Rödenbeck selfs die hulp van Gerrit Snyman ingeroep wat 15 jaar gelede met die inkleding van Die Boer-restaurantteater gehelp het. Hulle het koppe bymekaargesit vir ’n optrede deur die musiekegpaar Lourens en Esté Rabe, beter bekend as die Bottomless Coffee Band, wat altyd ’n swetterjoel instrumente op die verhoog het.

Meyer-Rödenbeck sê hulle probeer van elke opname ’n volwaardige produksie maak.

“Dit is nie ’n gewone live show nie, die kunstenaars word omhul en verpak. Ek, Gerrit en Jurg (Meyer-Rödenbeck se man) het gebrainstorm en besluit om vir hulle ’n harem-speelkamer te skep, ’n theatre in the round. Dit spel dekadensie met koffie, wyn, oordaad en lekkerte. Daar is ook ’n kamera wat die opset van bo afneem. Vandaar die titel Bottomless Coffee Band – van alle kante. Ek kan self nie wag om die eindproduk te sien nie.”

Rabe se beskrywing is dié van “ryk koninklike kleure en swaar Indiese kussings en dekor”.

“Donker, dog lig en soveel raakpunte met ons musiek en die gevoel wat ons daarmee wil skep,” sê sy.

Lourens en Esté Rabe, oftewel, die Bottomless Coffee Band in Die Boer se ‘speelkamer’.

“Dis regtig ’n wonderwêreld en ’n fees vir die oë en ore.”

Van die liedjies wat die paartjie speel, is “Lions, “Stille Waters”, “Broken System”, “Best Friend”, “Ek sal wag”, asook “Alles en niks” op hul nuwe album wat hulle in die inperking geskryf het.

“Dit is liedjies wat vir ons die meeste betekenis het en ook ons groot verskeidenheid musiekinstrumente ten toon stel,” sê Rabe.

Meyer-Rödenbeck noem dit “hordes” instrumente. Daar is ’n banjo, klavier, kitaar, trekklavier, mondfluitjie, kazo en ’n spul slaginstrumente. Hul unieke musiekstyl en klanke word met betowerende stories aangevul.

Lourens en Esté Rabe het mekaar in die Stellenbosse universiteitskoor ontmoet en ná hul studie ’n paar jaar in die korporatiewe wêreld gewerk voordat hulle ’n voltydse musiekloopbaan aangepak het.

Die konsert word van 16 Julie om 19:00 tot 21 Julie om 19:00 met die ondersteuning van Die Pinotage Assosiasie aangebied.

Die kaartjies kos R100 en is by webtickets.co.za beskikbaar.

Meer oor:  Musiek  |  Bottomless Coffee Band
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.