Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kom kyk na Revue 2018

Die finaliste van Lefra Produksies se derde nasionale Revue-kompetisie is bekend gemaak en die publiek kan kom kyk.

In Revue 2018 spook die Laerskool Baanbreker in Boksburg, Laerskool Hennopspark in Pretoria, Laerskool Van Riebeeckpark in Kemptonpark en Laerskool Vastrap in Rustenburg op 12 September in die Big Top Arena by Carnival City in Brakpan sake uit om as wenner in die laerskoolafdeling aangewys te word.

Die Hoërskool De Anker is een van die finaliste in Lefra Produksies se Revue 2018.

In die hoërskoolafdeling sê die Hoërskool De Anker in Brakpan, Hoërskool Jeugland in Kemptonpark, Hoërskool Menlopark in Pretoria en Midstream College in Centurion mekaar die stryd aan.

Die regisseur Frans Swart het die kompetisie begin.

“Ek het gesien skole bestee baie geld, tyd en energie aan sulke konserte en dan tree hulle net ’n week op. Dan is dit klaar. Ek het gedink dis ’n goeie idee om daardie revues verdere lewe te gee. Die kompetisie groei elke jaar en die standaard word net hoër. Dit is belangrik dat mense en die leerlinge dit nog steeds as ’n Revue-féés moet sien. Dis lekker om te sien hoe die kinders dit geniet en die kans kry om nog meer op te tree, ook op ’n professionele verhoog.”

Kaartjies vir die eindronde kan by elke betrokke skool (wat ’n finalis in die kompetisie is) bespreek word of by Computicket.

Revue 2018 word aangebied in samewerking met Carnival City, Stuttaford van Lines, RSG, Hollywood Costumes en Sounds Good.

Midstream College is een van die finaliste in Lefra Produksies se Revue 2018.

Vanjaar se beoordelaars is Lizz Meiring, Helene Bester en Duane Williams. Die RSG-omroeper Sue Pyler sal die aanbieder wees.

Tydens die eindronde ding die wenner van die laerskool- en hoërskoolafdeling ook met mekaar mee om die prys van Algehele Wenner van Revue 2018.

Skole kan kontantpryse van meer as R36 000 wen. Die organiseerders van die laerskool- sowel as hoërskoolwenspan wen ook ’n vaart op Lefra Produksies en RSG se Oppiwater Kunstefees wat van 15 tot 19 April aan boord van die MSC Musica aangebied word.

* Revue 2019 sal weer in Augustus en September 2019 by Carnival City aangebied word.

Bel 011 815 3000 of stuur ’n e-pos aan admin@lefra.com vir inskrywings en meer inligting.

Meer oor:  Kyknet  |  Revue 2018  |  Frans Swart  |  Carnival City  |  Big Top Arena  |  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.