Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Skrywer van gay temalied sterf

Die Amerikaanse komponis Jerry Herman, skrywer van die treffer “I Am What I Am” wat ’n temalied onder die LGBT-gemeenskap word het, is dood.

Jerry Herman

Herman (88) by wie MIV in die 1980’s gediagnoseer is, is Donderdag in Miami dood aan komplikasies weens ’n longkwaal, het sy peetdogter, Jane Dorian, aan Associated Press gesê.

Herman, wat die musiek en lirieke geskep het van musiekblyspele soos Hello, Dolly! en Mame, het in sy loopbaan twee Tony-teaterpryse en twee Grammy-musiekpryse ontvang.

Hy het die Tony-pryse vir beste musiekspel met Hello, Dolly! en La Cage aux Folles gewen.

Hy het Grammys gewen met “Hello, Dolly!” as lied van die jaar sowel as met die album Mame.

Hy was die skepper van 10 Broadway-produksies en het tot talle ander musiekspele bygedra.

Herman is in 1931 in New York gebore en het in Jersey City grootgeword. Hy onthou hoe sy ma vertel het dat sy die Broadway-wintertuinteater se markiestent vanuit haar hospitaalbed kon sien.

Sy belangstelling om musiekspele te skryf, het begin toe sy ouers hom na ’n vertoning van die musiekspel Annie Get Your Gun geneem het. Hy het huis toe gegaan en vyf van Irving Berlin se liedjies op die klavier gespeel.

Hello, Dolly! word volgende jaar met Imelda Staunton in die hoofrol in die West End in Londen opgevoer.

Herman het in Miami saam my sy lewensmaat, Terry Marler, ’n eiendomsagente, gewoon.

Hy word oorleef deur sy peetdogter, Dorian en haar dogter, Sarah Haspel.

Meer oor:  Musiek  |  Lgbt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.