Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Komponis van 'De la Rey' toonset Die Gelofte
Die liedjieskrywer Johan Vorster.

Die Gelofte is getoonset en sal eersdaags in Afrikaans gesing kan word.

Johan Vorster en Christoph Kotzé het saamgewerk met die toonsetting en dit word gesing deur Chris Chameleon, Adam Tas, Appel, Ghapi en Juan Boucher. Die musiekvideo vir hierdie lied wat deur Forum Films vervaardig word, sal ook eersdaags bekend gestel word.

Die Gelofte is die eed wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 onder Sarel Cilliers afgelê voor die Slag van Bloedrivier.

“Die Gelofte is ’n gebed wat in 1838 geskryf is,” sê Vorster. “Ons het dit getoonset, want die gebed is ’n verklaring van mense se afhanklikheid teenoor God. Daar is ’n wanhopigheid onder mense en die Here is die antwoord.”

Vorster is ook die komponis van die lied “De la Rey” wat sowat tien jaar gelede deur Bok van Blerk gewild gemaak is.

Volgens Vorster maak “Die Gelofte” deel uit van ’n album wat reeds klaar opgeneem is en waarskynlik voor die einde van die jaar op die rak sal wees.

“Met die lied ‘De la Rey’ wou ek en Sean Else ’n storie vertel wat ons in ons harte gehad het. Dieselfde geld ‘Die Gelofte’. Ons is almal gebroke mense en daar is waarde in die belydenis van afhanklikheid,” sê hy.

Hy het die idee vir die toonsetting gekry toe hy by vriende in die Oos-Vrystaat gekuier het en op die Hollandse weergawe afgekom het. Hy en Kotzé het ’n demonstrasieweergawe opgeneem. Hy vertel dat sy seun en sy maats dadelik baie belang gestel het in wat die gelofte presies is en waar dit vandaan kom. Hy meen kinders moet hoor waaroor gebeure in die geskiedenis gaan.

Oor die viering van Geloftedag meen hy dit moenie gesien word as politieke saamtrekke nie. Dis nie oproerig nie en mense wat dit vier sien dit as ’n verklaring van hul afhanklikheid van God.

“Ek aanvaar verantwoordelikheid vir wat ek doen. Daar is salwing in die woorde en ek meen dis ’n sterk stuk Skrif,” sê hy.

Die FAK vereer Vorster later vanjaar vir sy bydrae tot die bevordering van Afrikaanse musiek.

Die oorspronklike Nederlandse bewoording van Die Gelofte lui as volg:

Mijne broeders en medegenoten,

Hier staan wij tans op een ogenblik voor een

heilige God van hemel en aarde om een belofte

aan Hem te beloven, als Hij Zijn bescherming met

ons zal wezen, en ons vijand in onze handen sal

geven, dat wij hem oorwinnen, dat wij die dag

en datum elke jaar als een verjaardag en een

dankdag zoals een Sabbat in Zijn eer sal

doorbrengen en dat wij een tempel tot Zijn eer

stichten sal, waar het Hem sou behagen en dat

wij het ook aan onze kinderen zal zeggen, dat zij

met ons eer in moeten delen, tot gedachtenis ook

voor onze opkomende geslachten, want de eer

van Zijn Naam zal daardoor verheerlikt worden,

dat de roem en eer van overwinning aan Hem

sal worden gegeven. Amen.

*Die Afrikaanse vertaling hiervan is as volg:

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n Sabbat sal deurbring; en dat ons ’n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.

Die enkelsnit sal binnekort op sosiale media gehoor kan word. Besoek https://www.facebook.com/InhoudHuisMusiek/

Meer oor:  Sarel Cilliers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.