Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Konsert en R70 000 om Steve Newman te help

Die oorgawe waarmee medemusikante en vriende meer as R70 000 binne 48 uur vir die sanger Steve Newman met skarefinansiering ingesamel het, het die gedagte by ’n musiekbemarker laat ontstaan om ’n jaarlikse liefdadigheidskonsert te begin om ouer musikante finansieel by te staan.

Steve Newman

Newman (67), stigterslid van die gewilde musiekgroep Tananas, gaan gebuk onder finansiële probleme.

Hy het Woensdag op sy Facebook-blad daaroor geskryf.

Alison Geduldt, ’n vryskut-musiekbemarker wat Newman sedert die 1980’s ken, noem die konsert One Guitarist, One Song.

In die konsert tree onder andere Arno Carstens, Albert Frost, Robin Auld, Bill Knight, Trenton Birch en Brian Eastan op.

“Elke kitaarspeler sal een liedjie speel en Steve gaan die konsert afsluit saam met sy trio, Peter Ndlala op baskitaar en Carlo Fabe op die tromme,” sê Geduldt.

“Ek ken Steve as ’n nederige, spirituele mens en talentvolle kitaarspeler. Ek glo dit was vir hom moeilik om daardie inskrywing te maak. Hy het dit gedoen om te sê dat hy sy lot aanvaar. Hy het egter nie besef dat soveel aanhangers, vriende en medemusikante met soveel liefde hierop sou reageer nie.”

Alison Kipling, ’n vrou wat in Brittanje woon, het Newman se inskrywing gesien en met die skarefinansiering begin. Sy het die nuus versprei en ’n skarefinansieringswebblad, JustGiving, begin.

Dit het Geduldt laat wonder oor finansiële verligting wat aan ouer plaaslike musikante verleen kan word.

“Ek beplan om een konsert per jaar te hou sodat ander musikante in soortgelyke situasies ook hulp kan kry. Talle musikante is dood met soveel geldprobleme dat hulle nie eens ’n behoorlike begrafnis kon hê nie. Steve se geval het eintlik ’n geleentheid meegebring om kunstenaars te kan help.”

* Die konsert word in Camel Rock in Scarborough naby Kaapstad gehou. Kaartjies kan van volgende week af by quicket.co.za bespreek word. Kaartjiepryse moet nog bepaal word. Dit gaan regstreeks na Newman se rekening en 10% van die drankverkope gaan ook aan Newman.

Meer oor:  Steve Newman  |  Alison Geduldt  |  Alison Kiplling  |  Scarborough  |  Musiekkonsert  |  Musiek  |  Skarebefondsing  |  Sanger
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.