Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Konsertreeks viering van jonges se talent
Die wenners van verlede jaar se Nasionale Jeugmusiek-kompetisie is van links Qden Blaauw (tweede), Louis Nel (eerste) en Clara Lubbe (derde).

“Twee Jacks en ’n Jill” is die sterre in die tweede Jong Kunstenaars-konsertreeks in Hermanus in die Wes-Kaap, ’n program wat die wenners van die Nasionale Jeugmusiek-kompetisie (NJMK) meer optreegeleenthede bied.

Dié drie, verlede jaar se wenners, is die pianiste Louis Nel (17) van Pretoria wat die eerste prys verower het, Qden Blaauw (14) van Parow wat die naaswenner is en die altsaxofoonspeler Clara Lubbe (16) van Pretoria in die derde plek.

Volgens Michael Maas, die voorsitter van die NJMK-stigting, het al drie die jongelinge die potensiaal om in internasionale musici te ontwikkel.

Die konsert is ook ’n bewusmaking van die NJMK wat vanjaar van 8 tot 12 Oktober in die Hugo Lambrechts-ouditorium in Parow plaasvind. Die inskrywings en oudisies word egter reeds vroeg in die jaar afgehandel.

Benewens deelname aan die kompetisie vir 14- tot 19-jariges, is die prysgeld nie te versmaai nie.

Nel het verlede jaar R41 000 losgespeel, Blaauw het R10 000 in sy sak gesteek en Lubbe R10 500.

Inskrywingsvorms en die reëls vir die kompetisie verskyn vanaf 7 Februarie op die NJMK-webtuiste by www.nymc.co.za.

Die Jacks en ’n Jill se konsertprogram sluit werke in van JS Bach, Mozart, Rachmaninoff, Fauré, Muczynski, Granados en verskeie ander komponiste.

Overstrand Kunste en die NJMK bied die konsert aan. Die NJMK word ondersteun deur die Oppenheimer-gedenktrust, die Rupert-musiekstigting, die Joan St Leger Lindbergh Charitable Trust, Nussbaum-stigting, die Nasionale Lotery-kommissie, die Kaapstad-teatertrust en die Ackerman-opvoedingstrust.

* 17 Februarie om 15:30 in Hermanus se burgersentrum.

Meer oor:  Hermanus  |  Klassieke Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.