Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kore, soliste en orkes in Odeion
Matildie Thom Wium
Teresa de Wit

Bloemfontein. – Vokale musiek uit die Renaissance-, Barok- en hoog-Romantieke era kan die naweek in Bloemfontein gehoor word.

Leona Geldenhuys, leier van die Alumni Voices, is die dryfkrag agter die projek. Sy het die Odeion Vocal Consort onder Lance Philip betrek, asook die mezzo-soprane Matildie Wium­ Tom en Teresa de Wit, die OSM Camerata onder Xavier Cloete en Jan Beukes en Cézarre Strydom, wat die instrumentale begeleiding met orrel en klavesimbel sal aanvul.

Die hoofwerke in Cantate Domino (Sing to the Lord) is Monteverdi se Beatus Vir uitgevoer deur die Alumni Voices en Lauda Jerusalem van Vivaldi, geskryf vir twee kore, twee orkeste en twee soliste. Die Odeion Vocal Consort sal Herr wenn Ich nur Dich Hab van Dietrich Buxtehude uitvoer.

Om dié werke so outentiek moontlik te laat klink, het die Pretoriase altviolis Elmarie van der Vyver die instrumentaliste aan die historiese uitvoeringspraktyk bekend gestel. Geldenhuys het verduidelik die tegniek, styl, klankproduksie en onder meer frasering verskil van die wyse waarop die musiek die afgelope sowat 100 jaar uitgevoer word.

Barok-instrumente is egter nodig om die musiek presies soos in die tyd van die vroeë komponiste soos Monteverdi, Bach, Scarlatti en Vivaldi te laat klink, maar aangesien die musiek op moderne instrumente uitgevoer word, word met stylaanpassings volstaan.

Ook op die program is Rheinberger se meevoerende Romantieke Stabat Mater wat die Alumni Voices sal uitvoer met orrelbegeleiding deur Beukes.

Die OSM Camerata se bydrae is onder meer Lux Aurumque deur die eietydse komponis Eric Whitacre en verwerk deur die Suid-Afrikaanse komponis Keith Moss.
)Cantate Domino:28 Mei om 19:30 in die Odeion-teater (UV-kampus). Kaartjies: R110 (volwassenes), R70 (pensioenarisse, studente, skoliere), R60 (UV-personeel), R40 (groepe) by Computicket of die deur.

Meer oor:  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.