Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Koreaan wen gesogte sangkompetisie

Die Koreaanse bariton Gihoon Kim is Saterdag as die wenner van die BBC Cardiff Singer of the World-kompetisie aangewys.

Dit is in die St. David’s-saal in dié Walliese stad aangebied, maar weens Covid-19-regulasies sonder ’n gehoor.

Gihoon Kim

Dié tweejaarlikse kompetisie was deurslaggewend in die loopbane van sangers soos die Walliese basbariton sir Bryn Terfel.

Kim (29) was een van 16 sangers wat aan die kompetisie deelgeneem het, en het tesame met die Cardiff-trofee £20 000 (sowat R390 000) gekry.

Hy het aan die Yonsei-universiteit in Seoul gestudeer voordat hy ’n beurs van die Junge Oper Hannover gekry het, waar hy rolle as Demetrius in A Midsummer Night’s Dream en Marulle in Rigoletto gesing het.

“Dit was ’n inspirerende reis – een wat ek beslis vir die res van my loopbaan sal onthou,” het hy gesê nadat hy gewen het.

Die Engelse mezzosopraan Claire Barnett-Jones het die Dame Joan Sutherland-gehoorprys gekry.

Masabane Cecilia Rangwanasha

Die wenner word deur televisiegehore bepaal.

“Vanjaar se kompetisie was een van die mees buitengewones,” sê David Jackson, artistieke direkteur van die kompetisie.

“Dit was oorweldigend om die toewyding, veerkragtigheid en fokus van die 16 deelnemers te sien – boonop in ongewone omstandighede.

“Ons bedank hulle dat hulle hul kunstenaarskap met gehore wêreldwyd gedeel het. Ons wens Gihoon Kim alles van die beste toe met sy loopbaan.”

Die 27-jarige Suid-Afrikaanse sopraan Masabane Cecilia Rangwanasha is vroeër as die wenner van die liedprys aangewys.

Sy was die laaste wenner van die ATKV se destydse ATKV-Muziqanto-kompetisie.

Meer oor:  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.