Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kry Laurika se unieke gedenkstel
Laurika Rauch

Om 40 jaar in die musiekbedryf te vier het Laurika Rauch 15 albums met haar liedjies oor die dekades in ’n netjiese boksie verpak, ’n boekie bygesit wat sy onderteken het en 1 000 eksemplare beskikbaar gestel.

Net 1 000 en sonder die moontlikheid van ’n herdruk, sê sy uitdruklik.

Dié gedenkstel bestaan uit 14 van die 25 CD’s wat sy al opgeneem het en ’n 15de een met van haar gewildste oorblywende liedjies.

Rauch wys ook daarop dat haar eerste CD, bloot getitel Debuut, en drie ander wat uit die 1980’s dateer, verwerk is en soos nuut klink.

Sy het in ’n vroeëre onderhoud gesê die publiek vra ná al die jare steeds na die CD Jy is te dierbaar, wat voor 1983 laas uitgereik is, en Debuut, waarop Rauch se deurbraakliedjie, die ikoniese “Kinders van die wind”, verskyn. Die enigste manier om dié twee albums te bekom is om die gedenkstel aan te skaf.

Wat is in die gedenkstel wat nostalgiese herinneringe sal oproep? Immer bekende liedjies soos “Stuur groete aan Mannetjies Roux”, “Sprokie vir ’n stadskind”, “Toemaar die donkerman”, “Hot Gates”, “Op Blouberg se strand”, “Die gang”, “Ek het ’n huisie by die see” – almal treffers waarvan die glans steeds nie verdof het nie.

Maar daar is ook minder bekendes wat nuwe plesier kan verskaf, soos “Miekie, “The old Folks, “Lied van die natuur” en “Kyk hoe glinster die maan”.

Meer oor:  Musiek  |  Laurika Rauch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.