Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kuier saam met Jak in Noord-Kaap se parke
Die Sanparke-ereveldwagters bied saam met Jak de Priester ’n virtuele konsert aan as ’n bydrae tot bewaring in nasionale parke. Foto: Verskaf

Die Noord-Kaap se skilderagtige woestynparke, soos die Kgalagadi- en Ai-Ais/Richtersveld-oorgrensparke tesame met die Augrabies-waterval-, Namakwa- en Mokala- nasionale parke, gaan gesamentlik ’n agtergrond vir die gewilde sanger Jak de Priester word vir sy volgende vertoning.

Die virtuele konsert sal op 25 November om 19:00 plaasvind.

Volgens 'n verklaring sal dit kunstig saamgestel word met pragfoto’s van en interessante inligting oor die parke.

Die Sanparke-ereveldwagters bied die konsert aan as ’n bydrae vir bewaring in nasionale parke ná die inperkingstyd.

In die virtuele konsert word van die nasionale parke in die Noord-Kaap ook bekend gestel.

Die parke wat kykers beter sal leer ken, is die Kgalagadi- en Ai-Ais/Richtersveld-oorgrensparke, asook die Augrabies-waterval-, Namakwa- en Mokala-nasionale parke.

Besonderse natuurervarings, soos die jaarlikse Mokala-boskonsert en die nuwe Loffiesdraai-boskamp in die Kgalagadi, kom onder die loep.

Die uur lange vertoning kos R150 per skerm en word deur Jak de Priester aangebied.

  • Die kaartjies kan by Ticketslive.co.za gekoop word. Die wins is ten bate van bewaringsprojekte van Sanparke. Die Sanparke-ereveldwagters is Sanparke se amptelike vrywilligersorganisasie wat landwyd steun en hulp aan die land se nasionale parke verleen.

Dit bestaan uit ongeveer 2 000 passievolle vrywilligers in 31 streke wat sonder enige vergoeding hul tyd en vaardighede tot die beskikking van Sanparke stel.

Meer oor:  Jak De Priester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.