Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kunstenaars kan self besluit oor Ghoemas, sê Coleske
Arnold ColeskeFoto: Verskaf

Arnold Coleske van die Coleske Artists-platemaatskappy sal nie aan kunstenaars voorskryf wie kykNET se Ghoema-toekenningsaand moet bywoon al dan nie.

Dié geleentheid waar kunstenaars, musiekgroepe, musikante, vervaardigers en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf vir hul werk vereer word, word Woensdagaand in die Sun Arena in Pretoria aangebied.

“Kunstenaars kan self besluit of hulle die geleentheid wil bywoon of wil boikot. Ek wil niemand voorsê of voorskryf oor wat om te doen nie. Daar sal niks teen enigiemand gehou word nie – en dit geld veral jonger kunstenaars wat blootstelling nodig het. “Ek gaan nie daar wees nie,” het Coleske Woensdag aan Netwerk24 gesê.

’n Herrie het vroeër losgebreek weens ’n versoek van die betaalkanaal MultiChoice dat die video van “Die Land” waarby die sanger Steve Hofmeyr betrokke is, nie vir ’n Ghoema-prys in aanmerking moet kom nie.

Volgens MultiChoice stem dié maatskappy nie saam met Hofmeyr se standpunte nie.

Lees ook: Regstreeks - Bekendes daag op by Ghoemas

As die benoeming vir die video nie teruggetrek word nie, sou MultiChoice sy borgskap van die geleentheid onttrek.

Heidi Edeling, uitvoerende hoofbeampte van die Ghoemas, sê hulle het toe daaroor gestem en besluit die benoeming van die lied moet onttrek word.

Die Coleske Artists-platemaatskappy het “Die Land” – met Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit van Touch of Class – vir die Ghoemas ingeskryf.

Ek dink mense is moeg daarvoor om voorgesê te word wat hulle mag doen en nie mag doen.

Benewens die bestuur van kunstenaars is die Coleske Artists-platemaatskappy ook verantwoordelik vir die produksies Afrikaans is Groot en Classics is Groot.

“Ek dink mense is moeg daarvoor om voorgesê te word wat hulle mag doen en nie mag doen. “Die land” is ’n liedjie van hoop wat versoening bring. Dit is ’n harde hou dat dit aan die lys van benoemings onttrek moes word,” het Coleske gesê.

Hennie Koortzen, uitvoerende hoof van die die radiostasie Pretoria FM, het Woensdag aangekondig die stasie gaan ’n splinternuwe glansgeleentheid skep waar Afrikaanse musiek en kunstenaars beloon kan word vir die bydrae wat hulle tot musiek en die kunste in sy geheel lewer.

“Dié nuwe Afrikaanse musiek-kompetisie het niks te doen met wat by die Ghoemas gebeur nie. Die beplanning is al ’n geruime tyd aan die gang. Vir ons gaan dit suiwer oor die erkenning van uitstekende Afrikaanse musiek met die fokus spesifiek op die gehalte daarvan,” het Koortzen gesê.

Die nuwe Afrikaanse toekenningsgeleentheid sal na verwagting in die tweede helfte van die jaar in Pretoria aangebied word.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Ghoemas  |  Arnold Coleske  |  Multichoice
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.