Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kwaitosanger sê hy voel Samro behandel hom soos ’n slaaf
Eugene Mthethwa

“Ek het myself vasgeketting omdat ek voel ek word soos ’n slaaf behandel.”

So sê die kwaitosanger Eugene Mthethwa nadat hy Donderdag hom aan ’n paal op die perseel van die Suid-Afrikaanse Musiekregteorganisasie (Samro) in Braamfontein, Johannesburg, vasgeketting het omdat hy nie tantièmes vir sy musiek kry nie.

Hy het Vrydag omstreeks 16:00 die perseel verlaat nadat Owen Ndlovu, ’n afgevaardigde lid van Samro, ingetree het.

“Ek het verdaag omdat ek glo ek het reeds my boodskap oorgedra,” sê Mthethwa.

“Ek gee Samro nou die voordeel van die twyfel. Ons sal oor ses weke vergader. Ek het daartoe ingestem. Ek wag al meer as 20 jaar vir vergoeding. Ek kan nog ses weke wag. Dis reg.”

Mthethwa soek tantièmes van musiek wat tot 1998 terugdateer.

“Ek verdien antwoorde en hulle kan dit nie aan my gee nie. Ek is moeg daarvoor om ingeloop te word. Ek het aanvanklik mooigepraat sonder dat dit gehelp het. Samro het my begin frustreer.”

Terwyl Mthethwa daaroor kla dat Samro hom nie van die regte dokumentasie voorsien nie, het Mark Rosin, bestuurshoof van Samro, verlede week gesê Mthethwa verskaf ook nie die regte dokumentasie aan Samro nie.

“Dit is nie reg dat hulle net tot 2014 wil betaal nie,” sê Mthethwa. “Hulle het administratiewe probleme en is onbetroubaar.”

Samro betaal tantièmes aan komponiste en uitgewers volgens regulasies wat die regering bepaal het. Verlede week is R60 miljoen se tantièmes uitbetaal.

Volgens Rosin het Samro al dikwels vantevore met Mthethwa in gesprek probeer tree, maar hy “wou nie saamwerk nie”.

Rosin het ook verwys na bedrog wat Mthethwa gepleeg het deur onder valse voorwendsel vir ’n beurs aansoek te doen.

Hy het voorgegee dat sy oorlede broer se kind is sy eie kind en die beurs is aan hom uitbetaal.

Daarom skuld Mthethwa geld aan Samro.

Hy is destyds hieroor as ’n lid van Samro die trekpas gegee.

“Maar in my kultuur word jou broer se kind joune nadat hy sterf. Maar ons sal alles oor ses weke bespreek.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.