Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kwartet troon uit met kunstefeespryse

Die produksie wat uitgetroon het op die Vrystaat Kunstefees se prysseremonie Donderdagaand in Bloemfontein was Reflections on a Legend 46664 deur die Odeion-strykkwartet.

Dié klassiekemusiekuitvoering, wat vir sy “internasionale standaard” geprys is, het twee pryse ontvang, vir die beste Vrystaatse musiekproduksie en as beste Vrystaatse musiekkunstenaar.

Onder die pryswenners was van links, Anmari van der Westhuizen, De Beer Cloete, Mia-Anne O’Kennedy, Mary Sebatso Mofama en Anita Venter (Staging Change), Samson Diamond, Jeanne-Louise Moolman, Sharon de Kock en Andriaan du Plessis (Staging Change). Van der Westhuizen, Diamond, Moolman en De Kock is die lede van die Odeion-strykkwartet.

Ricardo Peach, die feesdirekteur, sonder die dramawenner GodgOdgod uit wat as grensverskuiwende werk in die hoofstroom meegeding het en as wenner bekroon is. Hy sê dit is verblydend dat die publiek ook eksperimentele werke op gelyke voet met die tradisionele produksies oordeel.

In die meeste afdelings het drie benoemdes meegeding, maar die vrynge (rimpelfees) was vanjaar so groot dat vyf kunstenaars en produksies benoem is.

Onderskeid word getref tussen nasionale en Vrystaatse deelnemers. In die nasionale afdeling kom kunstenaars en produksies van buite die Vrystaat in aanmerking.

Van die ander benoemdes en pryswenners was van links, voor: Gerben Kamper (namens GodgOdgoD) en Schoemé Grobler; en agter: Helen du Plessis (namens die Charl du Plessis Trio), Nicky Hassett, Jefferson Dirks-Korkee en Nate Mabote (Rooilug), Marjorie Human, Ilne Fourie en Miné Kleynhans.Foto’s: Mlungisi Louw

Die volledige lys wenners lyk so:

Musiek – nasionaal

  • Wenner: Charl du Plessis Trio met Opposites attract.

Benoemdes: Bewitched on Broadway deur Cat Simoni; Duo! met Jacques-Pierre Malan (tjello) en Pieter van Zyl (klavier).

Musiek – beste Vrystaatse musiekkunstenaar

  • Wenner: Odeion-strykkwartet

Musiek – beste Vrystaatse musiekproduksie

Wenner:

Reflections on a Legend 46664 deur die Odeion-strykkwartet.

Dramaproduksie – nasionaal

  • Wenner: GodgOdgoD, regie deur Ilana Cilliers en Wolf Britz.

Benoemdes: Alpha, regie Erwin Maas en Stef de Paepe; Harry & Jackie, regie Christo Davids.

Drama – beste Vrystaatse produksie

  • Wenner: DEURnis: Bang

Benoemdes: DEURnis se Bloos en Broei, aangebied deur Theatre Rocket; Elke briljante ding met Ilne Fourie.

Drama – beste Vrystaatse kunstenaar

  • Wenner: Ilne Fourie vir Elke briljante ding.

Benoemdes: DeBeer Cloete vir Bang; Gerben Kamper vir Alpha, Manzikazi Scota vir Alpha; Mia-Anne O’Kennedy vir Bang.

Visuele kuns

  • Wenner: Flux, kuratorsMarjorie Human en Miné Kleynhans.

Benoemdes: Beth Armstrong vir In perpetuum; Diane Victor vir Little history: A retroflection.

Vrynge – beste Vrystaatse produksie

  • Wenner: Rooilug, regie deur Jefferson Dirks-Korkee.

Benoemdes: Blou, geskryf en regie deur Ilne Fourie; Geskeurde vellies, regie Stella Nortier; Gril, regie Willem Esterhuyse; Troos, regie Nicolaas Beukes.

Vrynge – nasionaal

  • Wenner: Koek en tert, regie Kristin Pienaar.

Benoemdes: Akkordeon-aksente met Wimpie Greyvenstein en Danie du Toit; Frenzy for Two, regie Kay Dewes; Raak deur Kanya Viljoen; Singing Anthems for Rain, regie Ntsele Radebe.

Eksperimentele/lewende kuns

  • Wenner: Keith Armstrong vir Staging Change.

Benoemdes: A.I.R. Altitude Immersive Radio deur Julia Drouhin; Disobedience rules deur pvi collective

Gekeurde produksie – dit word vir aanbieding op die Vrystaat Kunstefees in 2019 ontwikkel:

  • Babah deur Schoemé Grobler.

Die pryse is geborg deur Absa, die Kunstetrust en die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi).

Die geleentheid is ook deur die Kunstetrust geborg.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein  |  Toekennings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.