Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kwintet verbyster weer

Harmonic Brass München

Odeion


Man en muis het weer (die derde keer in vyf jaar) vir dié Duitse koperblaaskwintet opgedaag en weer het die vyftal die gehoor oorrompel, die keer met ’n konsert wat hul voriges oortref het.

Die grondslag vir dié heuglikheid is virtuose, hoogs musikale en volbloed- professionele kunstenaars, wat rojaal gebruik maak van hul uitsonderlike gawe om musiek prettig aan te bied.

Die nuwe vrouelid, Elisabeth Fessler (trompet), lewer ’n groot bydrae in dié verband. Sy is ingespan as Eliza Doolittle in ’n kreatiewe en kostelike kamee-uitvoering van My Fair Lady, asook vir ander sinspelings waarvoor net ’n vrou kan deug.

Eenvoudige danspassies hou die visuele prentjie lewendig en laat jou verstom, want hoe voer hulle al die manewales uit sonder om ’n noot te laat val? Die toppunt was Fessler wat met hakskoene in ’n balletposisie op een been balanseer terwyl sy ’n solodeel in My Fair Lady speel. Op net 26 is sy reeds ’n verstommende kunstenaar.

Die tubameester Manfred Häberlein het weer ’n stervertoning gelewer en dié lomp oempa-instrument in ’n dartelende solis in Paganini se Carnaval de Venice getransformeer.

Die program het met Vivaldi se Concerto in C majeuren ’n stukkie Bach (Brandenburg-concerto nr. 2) begin, wat bewys het die kwintet se klassieke werke is net so puik afgerond soos Michael Jackson se Black and White en die Groot Mars uit Aïda.

Aanbieder Andreas Binder (Franse horing) was weer sy gevatte self en heelparty spontane passies ’n uiting van die genot wat die musici uit die vertoning put. Opgeboude adrenalien het Thomas Lux (tromboon) teen ’n spoed al spelende oor die verhoog laat beweeg, terwyl die meer bedeesde Hans Zellner dalk nie so rats is nie, maar trompetspel na kinderspel laat lyk.

Die uitvoering was soos ’n partytjie en het die gehoor vir ’n wyle van die swak rand en die Zuptas laat vergeet.

Wat ’n ensemble! Wat ’n verkwikkende belewenis!

Meer oor:  Elretha Britz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.