Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Albert Frost se 1ste enkelsnit ná duimongeluk

Nadat die musikant Albert Frost in Junie sy regterduim beseer het en lank nie kon werk nie, het hy onlangs weer ’n enkelsnit uitgereik.

“I’m Still Here” is die eerste van drie wat hy wil uitreik voordat sy nuwe album volgende jaar die lig sien.

’n Luistersessie van dié snit is onlangs in Melville, Johannesburg, gehou.

Frost se duim is op 11 Junie beseer toe ’n glasvaas in sy huis in Somerset-Wes omgeval en sy duim oopgesny het.

“Dit was drie maande van pyn, fisio en ’n operasie,” sê Frost.

“Ek gebruik nou ’n thumb pick om kitaar te speel. Ek dink mense wat nie weet nie, sal dit nie agterkom nie.”

Benewens die pyn in sy duim het hy inkomste verloor omdat hy nie kon optree nie.

’n Fonds is gestig en Frost, wat al die Jimi Hendrix van Suid-Afrika genoem is, het een van sy kitare opgeveil.

Albert Frost Foto: Deborah Rossouw

“Ons het toe besef hoe baie ondersteuning daarbuite is. Mense het uitgehelp, bra. Ek kon in lockdown tien weke lank streaming shows van die huis af doen.

“En drie of vier keer in verskillende venues met die nodige maatreëls. Ek het ’n bietjie meer as ’n maand gelede weer begin speel. Ek is dankbaar.”

Dit was moeilik om vir die eerste keer ná sy duimongeluk te speel.

“Daardie eerste paar gigs was vreesaanjaend. Dit was nog seer en die duim raak ’n bietjie lam.”

Maar hy maak steeds musiek.

“Die titel ‘I’m Still Here’ is ’n bietjie cheeseball, maar dit gaan ook om oorlewing. Ek is nou 26 jaar professioneel in die bedryf. Dis moeilik om in hierdie tyd positief en cool te bly.

“Maar ek is nou back on track. Ons het in Februarie begin werk. Ons het drie songs opgeneem en toe gebeur lockdown en toe kon ons niks doen nie. So die projek is ’n bietjie laat, maar ten minste is dit nou daar.”

Die nuwe album bestaan uit rockmusiek.

Hy hou van verskillende genres en om saam met verskillende musikante op te tree.

“Ek doen dit om vars te bly. Jy moet dit vir jouself vars hou. En met Oppikoppi, ek is die enigste kunstenaar wat elke jaar van die fees se bestaan daar gespeel het. For the love of playing music – dis waar ek nou is.”

Albert Frost Foto:
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.