Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Brendan Peyper se 3 gunstelingliedjies

In VIA se musiekprogram Klink soos naweek met JOOX kuier Katinka “Die Kat” Oosthuizen saam met ’n bekende gas by die Weiveld in Pretoria.

Ons leer bekendes beter ken deur hul tien gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s te kyk en ons flits ook deur die top10-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem.

Brendan Peyper
Brendan Peyper

In die jongste aflewering kom kuier die sanger Brendan Peyper by Katinka in Weiveld om sy top10-gunstelingliedjies te deel.

Hier om jou te help geesvang vir jou naweek is Brendan se die drie gunsteling liedjies. Watter een is jou gunsteling? Vertel ons hieronder in die kommentaar-afdeling.

3. Refentse – Reisiger

Dit is verstommend om te dink die sanger en liedjieskrywer Refentse Morake is nog net vier jaar op die musiektoneel. Die 21-jarige Morake se eie komposisies en sy verwerkings van gunstelinge uit die Afrikaanse musiekskatkis word verweef met ’n wysheid en volwassenheid wat sy ouderdom oortref.

Met dié treffer uit sy Ghoema-bekroonde album, Liefdegenerasie, het hy hom gevestig as een van die belangrikste kontemporêre stemme in Afrikaanse musiek.

2. Straatligkinders – Krake

Ná ’n hiatus van bykans ses jaar, het dié rockgroep van Potchefstroom in 2018 hul terugkeer behoorlik aangekondig met die uitreiking van hul vyfde album, Verdwyn.

Bouwer Bosch en die boys het die speelse musiekvideo vir “Krake” – wat in Januarie vanjaar die lig gesien het – met ’n iPhone X verfilm.

1. Brendan Peyper – Klim jou Everest

’n Brendan Peyper-liedjie heelbo aan Brendan Peyper se lys van sy gunstelingliedjies? Hoekom dan nou nie? Soos die titel van sy jongste album lui: Dis nie sonde nie.

Dié album wat in Oktober uitgereik is, spog met treffers soos “Jy laat dit maklik lyk”, “Maak die perde los” en “Klim jou Everest”.

Wil jy die res van Brendan Peyper se top10-gunstelingliedjies luister. Jy sal sy volle Klink soos naweek-speellys op die JOOX-app kry. Klik hier om dit af te laai.

  • Nuwe episodes van Klink soos naweek met JOOX wys elke Vrydag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Saterdae om 22:00. In samewerking met die JOOX-app.
Meer oor:  Via  |  Dit Klink Soos Naweek  |  Joox
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.