Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Demi Lee deel Ghoema met Steve en dié wat boikot

Demi Lee Moore het Woensdagaand haar bedankingstoespraak op die omstrede kykNET Ghoema-prysuitdelingsaand vir Afrikaanse musiek in die Sun Arena in Pretoria gebruik om na Steve Hofmeyr se onttrekte Ghoema-benoeming te verwys.

“Ons is hier om Afrikaanse musiek te vier en ek voel dis waaroor dit moet gaan,” het Moore gesê nadat sy die Ghoema vir beste musiekvideo vir die liedjie “Mis eet slaap herhaal” in ontvangs geneem het.

Moore het gesê sy deel die prys met die kunstenaars wat nie die aand vereer is nie: Hofmeyr, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, Jay en Ruhan du Toit.

Van Blerk, Van Jaarsveld en Jay, wat saam met Hofmeyr in die video vir “Die land” verskyn, was van die kunstenaars wat die prysuitdeling geboikot het uit solidariteit met Hofmeyr.

“Die land” was in die kategorie beste musiekvideo benoem.

Die benoeming van die video is deur die organiseerders teruggetrek omdat Hofmeyr daarin verskyn.

Dit was ná ’n dreigement deur MultiChoice dat hy sy borgskap sal onttrek as die benoeming behou word.

André Schwartz het gesê sy hart is seer vir Afrikaans.

Schwartz het in sy bedankingstoespraak nadat hy die Ghoema vir sy lewensbydrae ontvang het, gesê: “Dink voor jy ’n twiet uitstuur. Kom ons ba­klei saam. Kom ons kyk na ons ‘ma’: Afrikaans.”

André Schwartz
André Schwartz met sy ereprys vir sy lewensbydrae wat hy op die omstrede kykNET Ghoema-toekenningsaand in die Sun Arena in Menlyn, Pretoria ontvang het. Foto: Deaan Vivier

Joe Heshu, Multi­Choice se hoof van korporatiewe sake, sê Hofmeyr se politieke standpunte stem nie ooreen met dié van die maatskappy nie.

Heidi Edeling, uitvoerende hoof van die Ghoemas, sê daar is toe deur ’n demokratiese stemproses besluit dat die benoeming teruggetrek word.

Ander sangers wat die geleentheid geboikot het, is Karlien van Jaarsveld, Adam Tas, Dewald Wasser­fall, Nicholis Louw, Arno Jordaan, Corlea Botha, Pierre Rossouw en Ricus Nel.

Van hulle is net Van Blerk  bekroon.

Die liedjie “Die sluise van die hemel”, wat hy saam met Robbie Wessels uitvoer, het die prys gewen vir mees gestroomde liedjie van die jaar en ook vir mees afgelaaide liedjie van die jaar.

Die sangers wat hulle by Hofmeyr skaar, asook talle van sy ondersteuners, het hulle Woensdag steeds na sosiale media gewend.

Jay het Dinsdag op Twitter gesê die Ghoemas wat hy vroeër ontvang het, is nou nie eens goed genoeg om as deurstop gebruik te word nie.

Hy gaan hulle weggooi.

Sekere Afrikaner-organisasies het ook te velde getrek.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het in ’n verklaring gesê maatskappye wat Afrikaanse kunstenaars boikot, “boikot in der waarheid die groter Afrikaanse en Afrikaanssprekende gemeenskap”.

“Net soos veral joernaliste die grondwetlike reg het op vryheid van spraak, so het kunstenaars ook die reg om hul spraakvryheid en vryheid van uitdrukking deur hul werk uit te leef.”

Dit is ironies dat Hofmeyr gestraf word juis omdat hy daardie vryheid gebruik.

Hy het gesê maatskappye soos MultiChoice, wat Afrikaanse kunstenaar boikot, slaan glad nie ag op die belange van minderhede nie.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het in ’n ope brief aan Edeling beswaar gemaak oor die stap en geskryf mense is kwaad daaroor.

Hy skryf ook die Afrikaanse gemeenskap voel vervreemd, magteloos en geïsoleerd en dat die liedjie “Die land” ’n positiewe boodskap aan hulle uitdra.

Die maatskappy Immunadue het Woensdag die tweede borg geword wat hom weens die stap teen Hofmeyr aan die geleentheid onttrek het.

Bok Radio het Dinsdag dieselfde gedoen.

* Die prysuitdeling word Saterdag om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Die aankoms van die kunstenaars en gaste op die blou tapyt word Sondag om 18:30 op kyk­NET NOU!, DStv-kanaal 146, uitgesaai.

tarryn
Tarryn Lamb wen Album van die Jaar by die agtste kykNET Ghoema-toekenningsaand by die Sun Arena in Pretoria. Foto: Deaan Vivier
refentse
Refentse op die Blou Tapyt by die agtste kykNET Ghoema-toekenningsaand by die Sun Arena in Pretoria.

Meer oor:  Steve Hofmeyr  |  Ghoemas  |  André Schwartz
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.