Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Stormers sing om gemoedere te lig

Hulle kan ’n yslike man grond toe duik, ’n bal netjies tussen twee pale deur skop, ’n bal foutloos na ’n ander speler aangee, én hulle kan sing.

Twaalf spelers van die Stormers-rugbyspan het hul plek voor ’n mikrofoon ingeneem om ’n roerende video te maak om Suid-Afrikaners se gemoed te lig in ’n tyd dat vrees en onsekerheid heers.

Spelers soos die Springbok-kaptein, Siya Kolisi, Stephen Kitshoff, Herschel Jantjies, Scarra Ntubeni en Seabelo Senatla het saam met bekende sangers elkeen twee reëls uit die verse van “The Crossing (Osiyeza)” deur Johnny Clegg gesing.

Dan Shout, Johnny Clegg se saxsofoonspeler vir sewe jaar, het saam musiek gemaak en bygedra tot die finale weergawe, wat baie herinner aan die lied wat ná Clegg se dood deur bekende Suid-Afrikaanse sangers soos Karen Zoid en Emo Adams gesing is. Die groep het hulself “vriende van Johnny Clegg” genoem.

RJ Benjamin, ’n musikant en stemafrigter, het saam met Peter Pearlson die opname vervaardig.

Van Maandag 3 Maart tot Donderdag 6 Maart 2020 het die twee onwaarskynlike dissiplines en groeperings onmiddellik ’n gemeenskaplike grondslag gevind in ’n liedjie wat solidariteit vier op ’n manier wat niemand kon gedink het nie.

Die plan was nooit om die opname te maak om mense te motiveer gedurende die Covid-19-pandemie nie, maar dit het so gebeur, lui ’n verklaring.

“Die letterlike vertaling van die woorde in die liedjie is: ‘Ons sal deur hierdie donker tyd kom.’ ”

“Ons is diep daardeur geraak dat die Stormers 'The Crossing (Osiyeza)' aanneem as hul amptelike lied,” sê Roddy Quinn, ’n woordvoerder vir die Johnny Clegg-gesin en sy jare lange bestuurder.

“Hul hart en hul passie wys in hul uitvoering en vang die boodskap van die lied op ’n baie spesiale manier vas. Johnny het altyd geglo dat sport, soos musiek, die unieke vermoë het om mense met mekaar te verbind, ongeag grense of agtergronde.

“Dit inspireer ons om mekaar se menslikheid te sien en te sien hoe ons kan saamwerk om ons gemeenskaplike doelstellings te bereik. Dié video is ’n pragtige viering van die groot eienskappe wat ons trots maak om Suid-Afrikaners te wees; en ons weet dat Johnny na ons kyk en glimlag.”

“Dit is baie belangrik dat ons ons mense aanhou motiveer en inspireer om as een saam te staan.”

Benewens die 12 Stormers-spelers het die volgende musikante deelgeneem: die Afrikaanse rocker Francois van Coke, Zolani (van Freshly Ground), Paxton (wenner van 2017 Idols), Amy Tjasink (finalis van die 2019 The Voice SA), Amy Jones (sanger en liedjieskrywer), Chantal Stanfield (van Getroud met Rugby), Chad Saaiman (sanger/liedjieskrywer), Josh Hawks (baskitaarspeler), Dan Shout (saxofoonspeler), Mornay Hofmeester (tromspeler) en die komediant en akteur Marc Lottering.

Ook Heinrich Frans (agtergrondsanger vir sangers soos Josh Groban, Jonathan Butler en Diana Ross) en James Stewart (hoofsanger van die 1990’s-groep The Usual) was deel van die projek.

Die spelers, musikante en musiekvervaardigers wat die video gemaak het. Foto: Neil Frye

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.