Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Grey-musiekfees ‘aangrypend’, sê Chameleon
Tarryn Lamb geniet ’n spontane oomblik tydens Grey-kollege se jaarlikse musiekfees. Langs haar staan Chris Chameleon en dr. Wilhelm Lichtenberg, die ander gaskunstenaars. Foto: Verskaf

In sy 30 jaar in die musiekbedryf het hy nog nooit so iets meegemaak nie.

Só beskryf Chris Chameleon Grey-kollege se jaarlikse Musiekfees in Bloemfontein, waar hy Vrydag en Saterdag saam met die sangers Tarryn Lamb en die oud-Grey dr. Wilhelm Lichtenberg as gaskunstenaar opgetree het.

“Dié ganse week is vir my ’n aangrypende gebeurtenis,” skryf hy op Facebook.

Die gehoor in ’n volgepakte Sand du Plessis-teater het ervaar hoe bekende liedjies nuwe lewe kry danksy die rekwisiete en die optrede van die skool se koor en die drie gaskunstenaars.

Vanjaar se tema was “Simunye – We Are One”.

Die sanggroep Indomitus van Grey-kollege hou die gehoor vasgenael tydens die skool se musiekfees, wat elke jaar groot gehore lok. Foto: Niel Lombaard
Hattingh Davel, direkteur van musiek by Grey-kollege, Tarryn Lamb, Chris Chameleon en dr. Wilhelm Lichtenberg by die Musiekfees. Foto: Marzaan Venter
Tomas van Rensburg “speel met vuur”. Die seuns van Grey-kollege het nie net hul sangtalent met die musiekfees vertoon nie. Foto: Niel Lombaard

Hattingh Davel, direkteur van musiek by Grey-kollege, sê die fees simboliseer en vier die krag en die waarde van eenheid binne ’n multidimensionele en multikulturele samelewing.

“Ons glo die musiekfees bied motivering vir eenheid wat weier strek as Grey-kollege. Saam is enigiets moontlik.”

Volgens Davel was daar dié jaar ’n meer gesofistikeerde aanslag.

Amanda de Klerk, ’n lid van die gehoor, het Saterdag gesê jy kan nie “klas by ’n kafee op die hoek” koop nie.

“Grey-kollege en Paul Roos-gimnasium wys met hul musiekfeeste dat kultuur net so belangrik vir dié twee topskole is.”

Deon Scheepers, skoolhoof, sê vanjaar se musiekfees toon weer eens hoeveel vermag kan word wanneer die Grey-seuns en -personeel saam kan staan.

“Dit is, in baie opsigte, die hoogtepunt op ons skoolkalender, nie net (vanweë) die vertonings wat van hoogstaande gehalte is nie, maar ook omdat die musiekfees die eenheidsgevoel en een-wees onder die Grey-gemeenskap so treffend uitbeeld.”

Die Donderdag voor die fees het die skool oudergewoonte uitgereik na ouetehuise, wat die finale kleedrepetisie gratis kon bywoon.

Die fees het voorheen as die Grey-kollege Koorfees bekend gestaan en is die breinkind van die voormalige skoolhoof dr. Michau Heyns.

In 2005 is die naam verander na die Grey-kollege Musiekfees met die doel om die wye verskeidenheid van die seuns se musikale talente ten toon te stel.

Meer oor:  Chris Chameleon  |  Tarryn Lamb  |  Bloemfontein  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.