Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Heldeontvangs vir jeugkoor

Die Ndlovu-jeugkoor het nie net die beoordelaars op America’s Got Talent se harte gesteel nie, maar ook dié van Suid-Afrikaners.

Ondersteuners en familie van die Ndlovu-jeugkoor van Limpopo wag op die O.R. Tambo-lughawe by Johannesburg op die koorlede wat in Amerika aan die TV-program America’s Got Talent deelgeneem het.Foto: Deaan Vivier

Hulle is Vrydagaand deur ’n stampvol aankomssaal begroet toe hulle vanuit Amerika geland het. Familie, vriende en ondersteuners op die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park, Johannesburg, het gejil en gejuig toe die koor deur die toegangsdeure stap. Mense het gestamp en gestoot om naby aan die groep te kom, daar was skaars plek vir ’n muis. Suid-Afrikaanse vlaggies het gewapper en ballonne is losgelaat.

Dit was duidelik – die Ndlovu-jeugkoor het dit reggekry om Suid-Afrikaners te herenig.

Lede van die koor wat nie in Amerika was nie het ook op hul mede-koorlede, wat vir ses weke weg was, gewag. Hulle was geklee in tradisionele Afrika-klere en het so ’n bietjie gesing voor die koor se aankoms.

Die lede van die Ndlovu-jeugkoor is jongmense van die Moutse-gebied naby Groblersdal in Limpopo.

“Dit was ongelooflik om aan America’s Got Talent deel te neem. Dit het my lewe verander,” sê Andile Nkosi (16), een van die koorlede wat oorsee deelgeneem het.

Aanhangers wag vir die Ndlovu-jeugkoor om by doeane uit te stap nadat hulle by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het ná hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
’n Lid van die Ndlovu-jeugkoor word omhels na hul aankoms uit Amerika Vrydag in Johannesburg.Foto: Deaan Vivier

“Nooit in my wildste drome sou ek van dié geleentheid kon droom nie.”

Michal Rom van Johannesburg en haar twee kinders, Avi (9) en Shani (11), het die koor se vordering van begin tot einde fyn dopgehou.

“Hulle is ’n stukkie perfeksie en net verby pragtig. Hul vertonings gee jou hoendervel oor jou hele lyf. Vir ons is hulle in elk geval wenners,” sê Rom.

Bridgitte Mpisani (18) – ’n lid van die koor wat oorsee was – se ouma, Lina Makopole, is baie trots op dié kleindogter van haar.

“Sy was in Amerika – ek ken glad nie daai wêreld nie en was nog nooit daar nie. Ek sien uit om haar terug te verwelkom,” sê Lina. Sy het vir Bridgitte grootgemaak.

“Ons is baie beïndruk met hul vertoning aan America’s Got Talent,” sê die susters Mbali en Lerato Mokobane.

Die DA van Tembisa aan die Oos-Rand het ook hul ondersteuning kom wys.

Kodi Lee, ’n blinde sanger en pianis van Amerika wat ook outisties is, is uiteindelik as die wenner in die 14de seisoen van die kompetisie aangewys.

Aanhangers wag vir die Ndlovu-jeugkoor om by doeane uit te stap nadat hulle by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het ná hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
Tonele van vreugde speel hulle by die O.R. Tambo-lughawe af. Foto: Deaan Vivier
Die Ndlovu-jeugkoor word met groot geesdrif begroet nadat hul by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het na hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
Die Ndlovu-jeugkoor word met groot geesdrif begroet nadat hul by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het na hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
Die Ndlovu-jeugkoor word met groot geesdrif begroet nadat hul by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het na hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
Die Ndlovu-jeugkoor word met groot geesdrif begroet nadat hul by die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg geland het na hul sukses in Amerika. Foto: Deaan Vivier
’n Lid van die Ndlovu-jeugkoor word omhels na hul aankoms uit Amerika Vrydag in Johannesburg.Foto: Deaan Vivier
Die dirigent van die Ndlovu-jeugkoor word op die skouers gedra nadat die koor uit Amerika op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg geland het. Foto: Deaan Vivier
Die dirigent van die Ndlovu-jeugkoor word op die skouers gedra nadat die koor uit Amerika op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg geland het. Foto: Deaan Vivier
Een van die Ndlovu-jeugkoorlede word op die skouers gedra nadat die koor uit Amerika op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg geland het. Foto: Deaan Vivier
’n Lid van die Ndlovu-jeugkoor word omhels nadat hulle in Johannesburg aangekom het.Foto: Deaan Vivier
Michal Rom en haar kinders, Shani (11) en Avi (9), is van die aanhangers wat by die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg gewag het dat die Ndlovu-jeugkoor huis toe kom ná hul sukses in Amerika.Foto: Deaan Vivier

Meer oor:  America's Got Talent  |  Limpopo  |  Amerika  |  Ndlovu-Jeugkoor  |  Jeugkoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.