Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Hierna luister Dirk van der Westhuizen

In VIA se musiekprogram, Klink soos naweek, kuier die sosialemediaster Katinka “Die Kat” Oosthuizen saam met ’n bekende gas.

Ons leer bekendes beter ken deur hul tien gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s te kyk en ons flits ook deur die top 10-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem.

Die sanger Dirk van der Westhuizen maak ’n draai in die Klink soos naweek-ateljee om sy gunsteling- Afrikaanse liedjies met die aanbieder Katinka Oosthuizen te deel. Ons luister graag na Dirk se top 3!

3. Dirk van der Westhuizen – Stoom

Dirk van der Westhuizen (29) maak skoonskip met sy album, Stoom. Dié album het binne weke goue status bereik. Klik op die video en loer na die musiekvideo!

2. Christia Visser – Die Deur

Christia is ’n liefdevolle en passievolle kunstenaar, gebore in Kaapstad en grootgeword op Swellendam. Haar enkelsnittreffer, “Die Deur” handel oor liefde, seerkry en toksiese verhoudings.

1. Snotkop – ‘ Cool soos Koos Kombuis’

Snotkop is alombekend om sy energiebelaaide ritmes en skerpsinnige lirieke. Die liedjie handel oor ’n Jan Alleman wat wens hy was cooler. Hy droom daarvan om Koos Kombuis te ontmoet om hom te help om sy cool-faktor te vind. Koos Kombuis maak ook ’n verskyning in dié video.

Nuwe episodes van Klink soos naweek wys elke Vrydag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Saterdae om 22:00.

Meer oor:  Dirk Van Der Westhuizen  |  Klink Soos Naweek  |  Via  |  Musiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.