Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Kyk: Joshua na die Reën se nuutste musiekvideo
Joshua na die reën. Foto: Jean de Villiers/Daville

Die musiekvideo van die tweede enkelsnit op Joshua na die Reën se album Laat die wind my neem is onlangs uitgereik.

Die titelsnit gaan vir Joshua oor die eerste woorde in die tweede vers van die lied: “Soms wil ek net loop waar die velde in my groen is en die lug vol hoop, maar om die droogte in die oë te kyk, dit leer my die kuns om te staan deur tyd.”

Die video van die enkelsnit is vervaardig deur Jean de Villiers van Daville Films & Photography en in Hogsback in die Oos-Kaap verfilm.

Joshua meen dis maklik om van moeilike dinge weg te hardloop.

“Maar as ’n mens bereid is om die moeilike dinge in die gesig te staar en deur te werk (in verhoudings of wie jy is in jouself) dan kan ’n mens aan die ander kant uitstap met iets wat jy geleer het en karakter wat gebou is, maar as jy weghardloop van dit af, gaan dit jou net weer en weer inhaal.”

Die wêreld binne my is verlede jaar uitgereik en bestaan uit 16 oorspronklike introspektiewe snitte, waarvan die lirieke almal al meer as ’n jaar voor uitreiking reeds voltooi is, maar met tyd tot volwaardige treffers gegroei en ontwikkel het.

Kyk die video hier: 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.