Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Kaapstad Opera-sangers sing vir noodwerkers

Hoe sê ’n mens dankie? ’n Nuwe video deur Kaapstad Opera stel voor dat jy dit al singende doen.

Agt lede van die operakoor het saamgewerk en vir noodwerkers in en om Kaapstad gesing om hulle te bedank vir die harde werk wat hulle byna onverpoos tydens die pandemie verrig.

Die sangers is van hul dirigent, Marvin Kernelle, vergesel, en het hul dankbetuigings met woema by die Tygerberg-hospitaal, die organisasie sonder winsbejag Ladles of Love, die Kaapse metro se rampbestuur-hoofkwartier, asook die Douglas Murray- en La Bell-tehuis vir bejaardes gesing.

Africa Melane, die operageselskap se tussentydse hoof, sê aan Netwerk24 dié singende gebaar was vir hulle ’n groot eer.

“Elkeen van die sangers het gesê dat hulle vir Kaapstad wil sing. Ja, dit is ongelooflik om in die operahuis in die Kunstekaap en talle ander gildehuise en verhoë die wêreld oor te sing, maar om na die Tygerberg-hospitaal te gaan, ook na die brandweer, tehuise en Ladles of Love, waar hulle sonder ophou werk om talle mense te voed wat deur hierdie aaklige pandemie geraak is – daar is nie vir die sangers én die geselskap ’n groter eer nie,” sê hy.

Hy sê die sangers het baie pret gehad.

“Dit was ’n wonderlike geleentheid om ons ongelooflike werk vir Kaapstad te wys, maar ook vir die geselskap om vir die stad en die noodwerkers dankie te sê vir hul toewyding, harde werk en die ywer waarmee hulle die pandemie ore aansit.

“Dit was werklik ’n rampspoedige tyd vir ons almal, maar dit was ’n groot eer om ’n bietjie lig in dié tyd te skyn.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.