Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Lady Gaga val lelik by verhoog af

Eina!

Die superster Lady Gaga is glo ongeskonde nadat sy en ’n aanhanger saam by ’n verhoog afgetuimel het.

Gaga, wat tans die resident-kunstenaar in die Park-teater in Las Vegas, VSA, is, het ’n aanhanger saam met haar op die verhoog genooi en toe op hom geklim.

Toe die aanhanger haar oplig, het sy op en af in sy arms begin spring. Hy het toe sy balans verloor en geval. Gaga het op haar rug beland.

People berig Gaga het kort ná die val gesê: “Alles is oukei, alles is oukei. Die enigste ding wat nie oukei is nie dat ons trappe vir die verhoog nodig het sodat ek weer daarop kan kom!”

Gaga het die aanhanger toe gerusgestel dat dit nie sy skuld was nie en dat sy ’n groot aandeel in die ongeluk gehad het.

Hoewel Gaga, wat vroeër vanjaar ’n Oscar vir die liedjie Shallow gewen het, die vertoning voltooi het, het sy later ’n foto van ’n X-straal op Instagram gedeel, waarin sy aanhangers weer gerus gestel het dat alles oukei is.

Meer oor:  Musiek  |  Lady Gaga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.