Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Liedjie om boere in dié tyd te help

“Ek wil ’n man wees wat vir sy vrou kan sorg, ’n pa wat vir sy kinders kan sorg en ’n boer wat vir die wêreld kan sorg, maar dit voel vir my dit reën oral behalwe op my plaas.”

Dit was ’n boer van Coligny, Noordwes, se opmerking aan die sanger Eugene Vos toe hy vroeër vanjaar na ’n konsert met hom oor die droogte gesels het.

Die boer se woorde het Vos, beter bekend as MarulaBoom en ’n stigterslid van DJ Ossewa, geïnspireer.

“Ek dink die naaste wat ek al aan boer gekom het, is my sywurms,” lag hy, “maar ek het geweet ek kan met musiek ’n verskil maak.”

Hy het “Reën vir Kersfees” geskryf en onlangs saam met Kobus Matthews, 1925 Band, Shanai Vos, Sam & Calla, Deon Terblanche en Axene opgeneem.

Kobus Matthews, 1925 Band, Shanai Vos, Sam & Calla, Deon Terblanche, Axene en MarulaBoom het onlangs ’n liedjie ten bate van droogtehulp opgeneem. Foto: Verskaf

Die opbrengs van die verkope van die liedjie gaan aan Caring Daisies geskenk word. Die organisasie beywer hom om boere landwyd by te staan.

“As jy so deur die land toer, sien jy hoe sukkel die mense weens die droogte. Toe ek en my vrou Kaap toe trek, het ons besluit om ’n klomp kunstenaars bymekaar te kry en die liedjie op te neem,” sê Vos.

Die lirieke het by hom opgekom toe sy geliefdes hul Kerswense begin deel, “en ek het besef dat al wat die boere vir Kersfees wil hê, is reën.”

Die liedjie kan op musiekplatforms soos Spotify, Deezer en iTunes afgelaai word en die video word amptelik Vrydag uitgereik.

Thabiso Kambule, ’n radio-omroeper by Jacaranda FM, maak ook ’n verskyning in die video.

“Sedert ons die liedjie uitgereik het, stroom die skenkings ook in,” sê Vos.

Hy sê dat hy nie die boer van Coligny se naam en van kan onthou nie, maar dat hy hom graag weer sal wil sien. “Ek hoop hy sien die video en dat dit vir hom hoop in dié moeilike tyd sal bring.”

Meer oor:  Coligny  |  Noordwes  |  Liedjie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.