Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Loki Rothman se 3 gunsteling-liedjies

In VIA se nuwe musiekprogram, Klink soos naweek met JOOX, kuier die sosialemedia-ster Katinka die Kat Oosthuizen saam met ’n bekende gas by die gewilde Pretoriase kuierplek Weiveld.

In die program leer kykers meer van bekendes deur na hul gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s te kyk en hulle flits ook deur die toptien-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem.

Loki Rothman
Loki Rothman

In die jongste aflewering van Klink soos naweek met JOOX kom kuier die kitaarman Loki Rothman by Katinka om sy gunstelingliedjies met die wêreld te deel.

Om jou te help gees vang vir die naweek, gee ons die drie liedjies wat heel bo aan Loki se toptienlysie is. Watter een is jou gunsteling? Vertel ons hieronder in die kommentaar-afdeling.

3. Snotkop – Raak vir my rustig

Watter beter manier is daar om ’n naweek af te skop as met die lirieke: “Vat hom soos ’n Vrydag”? Snotkop se 2017-treffer kombineer die kunstenaar se kenmerkende opskop-klank met woorde wat ’n mens herinner dat ontspanning jou eerste prioriteit oor ’n naweek moet wees.

2. Frikkie en die Dolfyne – Visgat

As jy nog nie van Frikkie en die Dolfyne gehoor het nie, luister dadelik hierna.

Dié lekkerkryliedjie op die groep se 2010-album, Tune Tune Baboon, is die volmaakte musiek om skop in jou naweek te sit.

1. Loki Rothman en Pierre Greeff – My kamer

En nou vir iets effens rustiger. Loki Rothman en Die Heuwels Fantasties se Pierre Greeff het in 2016 kragte saamgesnoer om dié verwerking van Laurika Rauch se liedjie “My kamer” op te neem. Wat dink jy van die manne se weergawe? Kom vertel ons hieronder.

Wil jy die res van Loki se gunstelingliedjies luister? Jy sal sy volle Klink soos Naweek-speellys op die JOOX-app kry. Klik hier om dit af te laai.

  • Nuwe episodes van Klink soos naweek met JOOX wys elke Vrydag om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147) met heruitsendings op Saterdae om 22:00. In samewerking met die JOOX-app.
Meer oor:  Loki Rothman  |  Klink Soos Naweek Met Joox  |  Musiek  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.