Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Mzansi-koor en Kellerman huldig diegene in voorste linies

Die Grammy-bekroonde fluitspeler Wouter Kellerman en die Mzansi-jeugkoor lig die hoed vir gesondheidswerkers te midde van die Covid-19-pandemie met hul weergawe van Miley Cyrus se liedjie “The Climb”.

“My suster is ’n dokter in die openbare gesondheidsektor,” sê Kellerman.

“Gesondheidswerkers werk hulself oor ’n mik. Dis lang ure en dit is boonop ’n groot risiko. Ons moet meer dankbaar wees vir die werk wat hulle doen.”

Die Mzansi-jeugkoor het voorheen Cyrus se liedjie opgeneem. Volgens Kellerman het hulle die koor se repertorium bestudeer en op “The Climb” besluit.

Die lirieke sluit in:

“The struggles I’m facing

The chances I’m taking”

En later:

“Just got to keep going

And I

I gotta be strong

Just keep pushing on”

Kellerman glo die liedjie sluit aan by die boodskap wat hulle wil oordra.

Wouter Kellerman en die Mzansi-jeugkoor.

In die video verskyn Kellerman en die koorlede, wat elkeen hulself tuis opgeneem het, asook beeldmateriaal van gesondheidswerkers.

“Dit was nogal ’n uitdaging omdat ons nie almal saam kon opneem nie. Nie almal het die regte beligting nie en dit moes meer as een keer opgeneem word. ’n Mens het gesukkel met die redigering en ’n mens wil ’n mooi produk skep.”

Kellerman het ook die hulp van Bill Hare ingeroep, ’n Amerikaanse klankingenieur, met wie hy al lank saamwerk.

Die beeldmateriaal het hulle verniet gekry.

“Tessa Ford Post het dit geborg en die redigering gedoen. Die video het ongeveer ses weke geneem om te maak – baie langer as wat ons beplan het. Om ’n video van 80% tot 90% te kry, verdubbel die tyd wat jy daaraan bestee. Van 90% tot 95% verdubbel dit weer. ’n Mens kan sien wanneer daar nie tyd aan iets bestee is nie.”

Intussen geniet Kellerman dit om sy tyd by die huis te bestee gedurende die staat van inperking.

“Ek het nog nooit so baie gedraf nie . . . Weet jy, ek het naderhand te veel gereis.”

Kellerman het onlangs vir die musiekvideo van sy liedjie “Baroque to the Rescue”, wat hy saam met die Amerikaanse hip-hop-kunstenaar Konshens The MC en Suid-Afrika se Lady Zamar opgeneem het, die Social Action-prys in die kategorie vir kortformaatvideo’s by die 18de Independent Music Awards (IMA) gewen.

“Ek mis dit om op te tree, maar ’n mens kan gelukkig nog werk. Ek het beplan om later vanjaar nuwe musiek te maak en nou werk ek vroeër aan die nuwe album.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.