Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: ’n Konsert van alle konserte ‘om Amerika te vier’

Lady Gaga en Jennifer Lopez het Woensdag glans en net die regte musikale ondertone verskaf vir Joe Biden se inhuldiging as die 46ste president van Amerika.

Die country-sanger Garth Brooks, ’n getroue Republikein, het ook die middag opgetree in die gees van welwillendheid en ’n emosionele weergawe van Amazing Grace gesing.

Biden is daarna beëdig, hy het aan die werk gespring en 15 uitvoerende bevele onderteken in sy kantoor in die Withuis om omstrede beleid wat deur sy voorganger, oudpres. Donald Trump, ingestel is, om te keer.

LEES OOK: Biden keer onmiddellik omstrede Trump-besluite om

En toe is dit partytjietyd!

Pleks van die gebruiklike dinee wat die aand gehou sou word om Biden en Kamala Harris, sy baanbreker-visepresident, se toetrede tot die Withuis te vier, het van die grootste name in die musiekbedryf konsert gehou met die akteur Tom Hanks as gasheer.

Die konsert, getitled Celebrating America, is regstreeks op al die groot televisienetwerke in die piek-televisietyd uitgesaai en mense om die wêreld heen kon saamkyk.

Die musici het op verskillende plekke opgetree. Sommige optredes, soos dié deur Demi Livato wat Bill Withers se Lovely Say nuwe oemf gegee het, is vooraf opgeneem.

Biden en sy familie het die grand finale – Katy Perry wat haar treffer Firework voor die Washington-monument uitbasuin – van ’n Withuis-balkon dopgehou.

Volgens die BBC se resensie was die tema van “’n nuwe begin” deurgaans ooglopend en die versameling liedjies het hoop en optimisme benadruk.

Biden het ook weer kans gekry om te praat by die Lincoln Memorial, nadat sy toespraak ná sy beëdiging die middag wyd geloof is.

Weer het hy benadruk hoe hy sy beste gaan lewer as president vir alle Amerikaners in ’n erg verdeelde land.

Bruce Springsteen was ook in persoon by die Lincoln Memorial om die konsert af te skop met sy lied Land of Hope and Dreams.

Sy mede-New Jersey-boorling en mede-stoere Demokraat Jon Bon Jovi, wat ook namens Biden veldtogwerk gedoen het, het ’n akoestiese weergawe van die Beatles se Here comes the sun, gesing. Dié optrede is in Florida gehou.

Foo Fighters het nuwe betekenis aan hul treffer Times Like These gegee in hul vertoning en dit opgedra aan die “onwrikbare onderwysers” wat hul spreekwoordelike man staan te midde van die koronavirus-pandemie.


Justin Timberlake, wat sy optimisme oor Biden se presidentskap uitgespreek het, het saam met Ant Clemons opgetree.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.