Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Ndlovu-jeugkoor se weergawe van 'Jerusalema'

Die gewilde Ndlovu-jeugkoor het sy eie stempel op die “Jerusalema”-dans afgedruk en YouTube-kykers is gaande daaroor.

Die video, wat Sondag geplaas is, is binne drie dae reeds 50 000 keer gekyk. Dit wys hoe die koor, in spierwit uitrustings, al singende die bekende dans op ’n verlate sokkerveld uitvoer.

Ralf Schmitt, die koordirigent, sê toe pres. Cyril Ramaphosa verlede week Woensdag gesê het Suid-Afrikaners moet die “Jerusalema”-dans doen, het hy gedink “dan beter ons ’n plan maak”.

Anders as hul vorige video-opnames moes hulle klaarkom sonder gevorderde toerusting.

“Ek het alles met my iPhone opgeneem en die hommeltuig-skote is vanaf ’n leer geneem,” sê hy laggend.

Die uitvoering was volgens hom baie eenvoudig en “minder intens” as die ander.

Dit is die perfekte “gesonde afstand”-dans, sê hy.

“Maar die beste van alles is hoe hierdie mooi lied die land verenig. Ons was vir so lank ver vanmekaar.”

DJ Master KG, wat die lied saam met die sanger Nomcebo Zikod geskep het, kom juis ook van Limpopo, vertel Schmitt.

Die koormeester reis deesdae sowat drie keer ’n week na Limpopo om aan ’n album te werk saam met die koor. Dit word aan die einde van die jaar uitgereik.

Die koorlede raak nou kreatief en skryf en dirigeer saam met hom aan die liedjies.

“Dis fantasties om tyd saam met hulle in ’n kreatiewe ruimte deur te bring eerder as om net op te neem. Covid-19 het vir ons tyd gegee om dit te doen.”

Hy sê die koor het ’n paar optredes wat wag en behoort binnekort weer op die verhoog te wees.


Meer oor:  Jerusalema  |  Ndlovu-Jeugkoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.