Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: NWU PUK-koor in Europa bekroon

Vir talle van die studente was die eerste keer wat hulle sneeu gesien het ’n betowerende ervaring. Vir hul Europese gehore, waar die NWU PUK-koor tans toer, hou die koor ewe groot betowering in. Die koor is met ’n hele paar pryse bekroon.

Kobus Venter, die dirigent, het Dinsdag per WhatsApp vanuit Hongarye laat weet die toer het op 27 November begin en dat die koor weer op 18 Desember na Suid-Afrika terugkeer.

Die NWU PUK-Koor in Europa met van die pryse wat hulle ontvang het.Foto: Verskaf
Die koor tydens een van hul optredes.Foto: Verskaf
Van die koorlede het die eerste keer in hul lewe sneeu gesien.Foto: Verskaf
Die NWU PUK-Koor in een van die Europese sale waar hul stemme weerklink het.Foto: Verskaf

Hulle besoek Tjeggië, Pole, Slowakye, Hongarye, Oostenryk, Duitsland en Nederland.

Tydens die 29ste Kersfees en Advent Koorfees einde November in Praag, het die NWU PUK-Koor met die louere weggestap in die kategorie vir groter/gemengde kore, as die koor met mooiste koorklank. Die koor is ook aangewys as die algehele wenner van 16 deelnemende kore uit onder meer Tjeggië, Hongarye, Letland, Pole en Duitsland.

Volgens Venter het die koor verlede week in Bratislava, Slowakye, twee goue pryse vir onderskeidelik kontemporêre en gewyde musiek losgesing op die 14de Internasionale Advent en Kersfees-kompetisie. Hier het die koor ook met die prys vir die mooiste koorklank weggestap.

“Ons is baie trots op die studente se mooi prestasie,” sê Venter.

“Ons is ook dankbaar vir die ondersteuning van die Noordwes-Universiteit, spesifiek NWU Kunste. Dit is ’n voorreg om die NWU, Potchefstroom en ons land op hierdie internasionale verhoog te verteenwoordig.”

Venter sê dis belangrik dat die studente ’n holistiese ervaring kry, en daarom besoek hulle wêreldstede.

“Die meeste van die studente het vir die eerste keer sneeu gesien. Met hierdie toer verbreed hulle hul horison en word voorberei om wêreldburgers te wees.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.