Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Pink, Ndlovu-jeugkoor sing saam vir Unicef

Die Grammy-bekroonde Amerikaanse sangeres Pink en Suid-Afrika se eie Ndlovu-jeugkoor het saamgespan om ’n roerende weergawe van die liedjie “A Million Dreams” te sing.

Pink en die Ndlovu-jeugkoor is deur die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) genader om dié liedjie uit die rolprent The Greatest Showman ten bate van hul jaarlikse Changemakers-geldinsameling te sing.

Hul weergawe van die liedjie, wat Donderdag op YouTube uitgereik is, is binne ’n dag meer as 166 000 keer gekyk.

Volgens Ralf Schmitt, die jeugkoor se dirigent, was hulle uit die veld geslaan toe Unicef hulle nader én hulle uitvind dat Pink, ’n Unicef-ambassadeur, die liedjie saam met hulle gaan sing.

“Ons was aanvanklik nie seker saam met wie ons dit gaan sing nie, maar toe hulle dit onthul, was ons heeltemal oorbluf,” sê Schmitt.

“Sy is nie net ’n popmusiek-ikoon nie, maar sy is ook ’n filantroop wat al ongelooflike werk gedoen het om mense op te hef.”

Schmitt sê die koor kon weens die pandemie nie die opname fisiek saam met Pink sing en die musiekvideo opneem nie. Die jeugkoor se sang is hier in Suid-Afrika opgeneem, terwyl hul deel van die musiekvideo buite Groblersdal op die terrein van die Guinea Feather-gastehuis verfilm is.

“Ek het na (die eienaars) oom Willem en se vrou, tannie Ester, gegaan en gevra of ons daar kan verfilm. Sy het dadelik ja gesê – en toe vra die oom dadelik: Waar moet ek gras sny? Hy het op sy trekker gespring en die gras toe gesny om alles vir ons gereed te kry. Hulle was ongelooflik!”

Schmitt sê hy vermoed Unicef het hulle gevra om “A Million Dreams” te sing omdat hulle miljoene jongmense wêreldwyd daaraan wil herinner om aan te hou droom.

“Ons kan ons daarmee vereenselwig, Pink kan haar daarmee vereenselwig. Dit was ’n moeilike jaar waarin almal net probeer oorleef het, om nie eens te praat van droom nie, maar dit was wonderlik om daaraan herinner te word dat daar nog drome én hoop in die wêreld is.”

Meer oor:  Ralf Schmitt  |  Pink  |  Unicef  |  Verenigde Nasies  |  Ndlovu-Jeugkoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.