Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: SA orkeste staan saam vir ‘Amazing Grace’

Lede van die Johannesburgse en die KwaZulu-Natalse Filharmoniese Orkes het hulle by orkeste en groepe oor die wêreld heen aangesluit wat virtuele opnames in die inperkingstyd maak.

Hul keuse is “Amazing Grace”, een van die inspirerendste gesange. Dit word aan al die gesondheidsorgwerkers en veiligheidsgroepe opgedra, asook die res van die bevolking wat onder Covid-19 en die gepaardgaande ekonomiese krisis gebuk gaan.

Soos alle virtuele opnames tans het die musici ook elkeen hul bydrae afsonderlik tuis opgeneem, wat dan ingestuur word na ’n ateljee waar alles bymekaar gevoeg word om die volle orkesklank te verkry.

Bongani Tembe, uitvoerende hoof van die twee orkeste, sê deel van die musici se verantwoordelikheid is om hul talente as inspirasie en bemoediging in te span, veral in hierdie uitdagende tyd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.