Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: SA sangers sing volkslied – jy kan ook!
Corlea Botha Foto: Argief

Dit is nie maklik om opnames deur individuele musici te laat doen, die onderskeie opnames saam te voeg en as koor- of orkeswerk aan te bied nie.

Maar dit is die uitdaging wat die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO) aangepak het in hul reeks We Need You, You Need Us.

Daarbenewens het meer as 50 Suid-Afrikaanse sangers saamgespan vir ’n opname van die volkslied wat op YouTube gehoor kan word.

Van Corlea Botha en André Schwartz tot Danny K, Zolani Mahola, Busiswa en Kurt Darren sing saam. Volgens ’n mediaverklaring moet dit as aansporing dien vir ’n duisend Suid-Afrikaners wat Nkosi Sikelel’ iAfrika op dié manier saamsing. Ander bekende sangers op die video is Caroline Grace, Willem Botha, Bianca la Grange, Yvonne Chaka Chaka en Sibongile Mngoma.

Volgens die uitnodiging kan enige Suid-Afrikaner ’n video-opname van sy weergawe van die volkslied nie later nie as 6 April instuur.

Klik op http://bit.ly/AnthemChallengeRSA en volg die instruksies om deel te wees van ’n reuse- virtuele koor.

Die idee met dié koor is om ander lande uit te daag om dieselfde te doen en die wêreld so teen die uitwerking van die koronavirus te verenig.

Louis Heyneman, uitvoerende hoof van die KFO, sê in die eerste video van hul virtuele reeks gesels die orkes se hoofgasdirigent Bernhard Gueller oor die plek wat musiek in uitdagende tye in die mens se lewe inneem.

“Musiek is dan nie net meer vermaak nie, dit raak lewensnoodsaaklik,” sê hy.

Dié video, met ’n uittreksel uit Verdi se ongelooflike Requiem en Mahler se Simfonie nr. 2, is ook op YouTube beskikbaar.

Die tweede opname, die KFO se uitvoering van Nkosi Sikelel’ iAfrika, sal spoedig beskikbaar wees.

Vir die opname het al die orkeslede bladmusiek ontvang en ’n “click track” waarna hulle luister terwyl hulle speel, wat nodig is sodat almal dieselfde tempo handhaaf. Diegene wat tuis ingerig is vir opnames het nie probleme gehad nie, maar daar is dié wat ’n enorme uitdaging met die inspan van verskeie selfone moes oorkom om ’n opname vir die gesamentlike deelname afgerond te kon kry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.