Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: SA se eie ‘Whitney’ oorrompel Simon Cowell

Reeds in die oudisierondes vir die jongste Britain’s Got Talent het die Suid-Afrikaanse sanger Belinda Davids so beïndruk dat die gehoor haar staande toegejuig het en die beoordelaar Alesha Dixon gesê het sy wil haar naam groot buite op teaters sien.

Davids het aan die beoordelaar Simon Cowell gesê sy het vir Britain’s Got Talent ingeskryf om haar loopbaan as sangeres ’n hupstoot te gee. Sy kommentaar ná Davids se indrukwekkende oudisie was dat dit die optrede is waarvoor hulle al die hele seisoen wag. Dié episode is Saterdagaand in Brittanje uitgesaai.

Belinda Davis

Davids se keuse om “One Moment in Time” van Whitney Houston te sing, was deurslaggewend. Dié 43-jarige sangeres van Port Elizabeth en deesdae Kaapstad het ’n lewenslange bewondering vir Houston en het al menige konserte gehou waarin sy Whitney se treffers sing. Onlangs het Davids ’n internasionale konserttoer onderneem as die verpersoonliking van die Amerikaanse sangeres in The Greatest Love of All, ’n rol waarvoor sy 15 000 kandidate uitgestof het. Showtime Australia het die huldeblyktoer met ’n simfonieorkes, ’n hele span dansers en ’n garderobe vol kostuums aangebied.

As regulasies in Suid-Afrika dit toelaat, sal Davids van 6 tot 22 Augustus in die Joburg-teater in The Greatest Love of All te sien wees.

Weens die Covid-19-pandemie is die vervaardigers van Britain’s Got Talent genoodsaak om die produksie op te skort en is dit gevolglik ook nog nie bekend of Davids deur is na die volgende ronde nie.

Hier is die skakel na Davids se oudisieoptrede: 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.