Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Skaam Brit (13) verstom op ‘America’s Got Talent’

’n Skaam 13-jarige skoolmeisie van Brittanje se plek in die kwarteindronde van America’s Got Talent (AGT) is verseker toe sy die beoordelaars met ’n roerende weergawe van Otis Redding se “Hard to Handle” verstom het.

Daily Mail berig Courtney Hadwin van Hesleden in Durham het Dinsdagaand ná haar optrede ’n staande toejuiging van al vier die beoordelaars gekry.

Howie Mandel, een van die beoordelaars, was so beïndruk met Courtney dat hy die goue zoemer gedruk en sodoende verseker het dat sy deur is na die regstreekse uitsending en vir die prysgeld van $1 miljoen in aanmerking kom.

Howie Mandel

Sy sê die goue zoemer was meer as “wat sy nog ooit oor kon droom”, berig BBC.

Courtney het gedurende die oudisie Mel B, ’n beoordelaar, se vrae ongemaklik beantwoord en erken dat sy “baie senuweeagtig is”.

Die skaam meisie verdwyn egter vinnig wanneer sy rukkerig danspassies begin uitvoer en in ’n Steven Tyler-stem begin sing.

Die gehoor sowel as die beoordelaars se monde het tydens haar unieke optrede oopgehang.

Volgens Mandel is sy soos Janis Joplin.

“O gits. Jy is nie uit dié era nie,” het hy gesê.

Courtney is glad nie ’n vreemdeling as dit by talentkompetisies kom nie en het net-net nie daarin geslaag om The Voice Kids UK te wen nie.

’n Familielid sê die skaam tiener het die Amerikaanse kompetisie gekies pleks van die Britse een omdat die “Britte haar nie verstaan nie”. Hulle is vol vertroue dat sy goed in die kompetisie sal vaar.

Haar oupa beskryf haar as “pynlik skaam”.

Meer oor:  Vermaak  |  America's Got Talent
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.