Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Só word Bach-stuk in self-isolasie uitgevoer
Van die sangers wat die Bach-koraal ‘Befiehl du deine Wege’ in selfisolasie sing. Foto: YouTube

Sowat 25 sangers en 19 instrumentaliste in Singapoer, Hongkong, Duitsland, Japan en die VSA het nie toegelaat dat die Covid-19-pandemie hulle stilmaak nie.

Die musici het in selfisolasie selfoonopnames van hulself in hul onderskeie lande gemaak en al die video’s aanmekaargesit sodat hulle saam die koraal “Befiehl du deine Wege” uit Johann Sebastian Bach se Matteus-passie, BWV 244, kan uitvoer.

Volgens die Maleisiese nuuswebwerf The Star Online het David Chin, stigter en artistieke direkteur van Bachfest Malaysia, wat hulle toespits op Bach-musiek, die idee vir die spanpoging bedink.

Chin het ’n video van hom aan almal gestuur wat al aan die fees deelgeneem het en hulle genooi om soortgelyke video’s aan hom te stuur. Hy het al die bydraes binne twee dae ontvang en dit in 36 uur aanmekaargesit.

“Hul reaksie het my baie ontroer,” het Chin oor die musici aan The Star Online gesê. “Niemand het gekla nie. Almal het hul beste gelewer.

“Hulle is opgeleide kunstenaars wat daaraan gewoond is om in volgepakte ouditoriums te speel. Hier speel hulle verniet – voor niemand – en hulle het dit steeds met absolute toewyding voorgedra.”

Chin sê hy het al voorheen soortgelyke video’s gemaak, “maar dit is die eerste video wat soos ’n veldbrand (op die internet) versprei”.

Die video is binne ’n week byna 70 000 keer op Facebook en meer as 108 000 keer op YouTube gekyk.

– Saamgestel deur Christiaan Boonzaier

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.