Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Swift praat openhartig oor haar lewe
’n Openhartige rolprent oor die popsensasie Taylor Swift is pas vir die eerste keer op ’n rolprentfees vertoon voordat dit vanaf 31 Januarie op Netflix te sien is.

’n Dokumentêre rolprent waarin die Amerikaanse popsensasie Taylor Swift oopmaak oor haar lewe in die kollig, is pas vir die eerste keer op die Sundance Internasionale Rolprentfees vertoon.

Die prent, Miss Americana, wat ook op 31 Januarie op Netflix uitgereik word, karteer die wêreldster se opgang as ’n tiener met ’n verstommende talent wat die wêreld aangegryp het, tot haar roemryke loopbaan vandag.

Swift was die jongste ster tot nog toe wat op 14 ’n musiekkontrak met Sony/ART geteken het, en op 15 ’n kontrak vir haar eerste album gekry het.

Sy het reeds twee keer die Grammy vir album van die jaar gewen. Sy is vanjaar drie keer benoem; vir beste popalbum (Lover), beste liedjie “Lover” en beste solo-optrede “You need to calm down”.

Sy het egter gesê dat sy nie vanaand se Grammy-verrigtinge sal bywoon nie.

In Miss Americana word daar teruggekyk op die afgelope holderstebolder dekade in Swift se lewe sedert sy die eerste keer op die Nashville country-toneel verskyn het, asook die mylpale wat sy bereik het.

Sy praat oor haar musiek, vertwyfeling, soeke na aanvaarding van haar tydgenote, haar pogings om altyd die mens te wees wat ander wil hê sy moet wees, asook oor haar eetstoornis, terapiesessies by ’n sielkundige en haar groot liefde vir katte.

Haar kêrel, Joe Alwyn, word net een keer in die prent gesien. Sy praat ook oor die voorval waar Khanye West haar toespraak onderbreek het op die Grammy-geleentheid waar sy die kategorie vir die beste video gewen het. Daar word ook verwys na haar saak van seksuele teistering teen die platejoggie David Mueller wat aan haar agterstewe gevat het.

Die titel verwys na haar bekende liedjie “Miss Americana & The Heartbreak Prince” waarin sy haar ontgogeling met die stand van die politiek en die voortslepende ongelykheid in haar vaderland uitspreek. Sy is deesdae ook openlik polities, teen haar vader se raad in, luidens die prent.

In die prent kan aanhangers sien hoe sy in die opname-ateljee werk aan haar albums Reputation en Lover.

Die kyker word ook in haar musiekkamer ingelaat waar sy musiek skryf en komponeer – hier skep en sing sy ook ’n nuwe liedjie “Only The Young”. Dit kan gehoor word aan die einde van die prent.

Lana Wilson het daarin geslaag om ’n “uitdagende en ontblotende uitbeelding” van Swift te skep, meen Vulture. - Saamgestel deur Laetitia Pople. Bykomende bronne Vulture en The Guardian.

Meer oor:  Musiek  |  Taylor Swift
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.