Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Talle frons oor vlagfiasko by Eurovision

Die sanger Duncan Laurence wat Nederland in die sangkompetisie Eurovision verteenwoordig het, het dié kompetisie te midde van politieke omstredenheid gewen.

Duncan Laurence
Duncan Laurence, wenner van die sangkompetisie Eurovision. Foto: Reuters

Dít weens Palestynse en Israeli-vlae wat in die spankompetisie vertoon is wat vanjaar in Tel Aviv, Israel, aangebied is.

In die vertoning van die Amerikaanse sangeres Madonna het twee van haar dansers elk ’n vlag gewys – dié van Israel en dié van Palestina, berig die BBC.

Later die aand het die Yslandse rockgroep Hatari met die bekendmaking van die uitslae serpe vertoon waarop die Palestynse vlag sigbaar is.

Verhoudinge tussen Israel en Palestina is stram vandat Israel in 1967 die Palestynse Wesoewer beset het.

The Guardian berig die organiseerders van Eurovision, wat politiek in die sangkompetisie probeer vermy, het die gebruik van die vlae veroordeel. Hulle het ontken dat hulle vooraf geweet het dat die vlae vertoon sou word.

madonna
Madonna Saterdagaand tydens die finale van die sangkompetisie Eurovision. Foto: Reuters

Eurovision is ná die Tweede Wêreldoorlog begin om die stram politieke verhoudinge tussen Europese lande te verbeter. Elke deelnemende land, waarvan die meeste Europese lande is, kry elke jaar die geleentheid om ’n vertoning aan te bied, waarna ’n wenner aangewys word.

Omdat Nederland met Laurence se liedjie, Arcade, vanjaar se kompetisie gewen het, sal die volgende Eurovision-kompetisie in 2020 in Nederland aangebied word. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.