Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Tygerberg-kinderkoor inspireer met nuwe lied
Die Tygerberg-kinderkoor onder leiding van Karina Erasmus.

’n Lied wat ’n Italiaanse poprock-sanger geskryf en opgeneem het om geld in te samel vir die talle Italianers in die stad Bergamo wat met die koronavirus besmet is, het binne dae nege miljoen besoekers op YouTube gelok.

Een van die besoekers was Charl van Heyningen, sanger, radio-aanbieder en voorsitter en publisiteitsbeampte van die Tygerberg-kinderkoor.

Hy sê die gebeure in Bergamo het die sanger Roby Facchinetti diep getref, veral omdat dit sy geboorteplek is. Facchinetti het verplig gevoel om ’n bydrae te lewer en het die lirieke en musiek van “Rinascerò, rinascerai” (ek sal hergebore word, jy sal hergebore word) geskryf en dit opgeneem. Van Heyningen was so aangegryp deur die lied dat hy besluit het dat dit iets is waaraan die Tygerberg-kinderkoor reg sal laat geskied.

Alles het toe baie vinnig gebeur. Van Heyningen het die woorde in Engels vertaal, begeleiding is geskep en opnames asook die lirieke en bladmusiek is aan elke koorlid gestuur. Die kinders het elkeen afsonderlik hul bydrae op ’n selfoon opgeneem, waarna dit Riaan Steyn se taak was om die 70 stemme saam te voeg en met die begeleiding te sinchroniseer.

Die vierstemmige eindproduk is meer as net ’n lied, dit is ’n produksie, sê Van Heyningen. Saam met beeldmateriaal van Kaapse tonele en leë strate asook die koorlede is dit inderdaad ’n produk om op trots te wees.

Die koordirigent is Karina Erasmus.

Luister op YouTube daarna. Die lied sal ook van 10 April op iTunes wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.