Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Van Pletzen reik ‘legeh’ danssnit uit

Woeste dans, ’n “mistieke kitaar”, en die rapper Jack Parow wat ’n Loslyf op die toilet lees, is van die manewales in die duo Van Pletzen se nuwe enkelsnit en musiekvideo 'Jy bly stil'. Christiaan Boonzaier het met een van die lede, Peach van Pletzen, oor hul “legeh” musiek gesels.

Julle het verlede jaar met die album Kak lekke vibe gedebuteer. Hoe sou jy dié vibe opsom vir mense wat julle nog nie gehoor het nie?

Ons musiek is kak lekker. Daar is nou een woord wat dit opsom en daai woord is “legeh”. Ons wil vir mense ’n escape bied van die wêreld en die internet se geraas.

Hoekom wou jy (volgens ’n mediaverklaring) nog altyd ’n “klassieke ’90’s-2000’s-styl-dansvideo” soos Jy bly stil maak?

Daar is vir my iets baie cool aan die synchronized movement en choreographed dance. Ek hou van die energy en dansmusiek is after all gemaak om op te dans, so ek wou dans.

Is jy self ’n danser? Hoe was die ervaring om op kamera te dans?

Nee, dit was vir my nogal daunting en ’n challenge, maar ek glo challenges is goed vir ’n mens se siel en ek wou dit doen vir myself.

Waaroor gaan Jy bly stil – en wat was die inspirasie daarvoor?

Mense is in vandag se tyd so opinionated – van die kleinste goed tot selfs goed waaroor hul moontlik nie ’n benul het nie. Social media het gemaak dat almal se stem gehoor kan word en mense het verslaaf geraak aan hul eie stemme, veral agter die veiligheid van ’n skerm. Die song sê vir dié mense om hul monde te hou en eerder net te dans. Verander die wêreld deur jouself te verander.

Die musiekduo Van Pletzen bestaan uit Peach van Pletzen (links) en Matthieu Auriacombe, beter bekend as Nik Nax. Foto: Lily Girl (Instagram: @Lilygirl_photo)

Jack Parow rap ook op die liedjie. Hoe lank werk julle al saam?

Ons het vir die eerste keer saamgewerk toe hy meer as ’n dekade gelede in Kaapstad begin het. Ek het vir hom ’n paar beats gemaak en hy het die chorus van sy hit song “Dans Dans Dans” by my en Francois (van Coke) geleen. Ons het dit oorspronklik geskryf as “Oorlog Frankenstein”, toe blaas sy weergawe op! So min mense weet dat ek ’n sterk hand in daai chorus gehad het.

Gaan Jy bly stil ook op die 2020-album wees? Kan ons soortgelyke tracks daarop verwag?

Dit gaan beslis, en daar is nog ’n klomp soortgelyke tracks, maar daar is ook baie tracks wat heeltemal anders is, mooi songs wat mense tot diep in hul harte gaan roer!

Raak jy ooit geïrriteerd as mense jou oor jou ouers – die akteurs Pierre van Pletzen en Elzette Maarschalk – uitvra en wat hulle van jou musiek dink?

Nee, dit irriteer my nie. Hulle like die musiek rêrig baie en geniet die musiekvideo’s selfs nog meer!

  • Van Pletzen tree op 3 Desember in die Ommidam Student Bash in die Loskopdam-vakansieoord in Mpumalanga op. Op 26 Desember is hulle in Rocking Stilbaai in dié kusdorp te sien; op 27 Desember in George of the Jungle op George se skouterrein, en op 31 Desember in J-Bay Rocks in Jeffreysbaai. Besoek www.vanpletzen.co.za vir meer inligting.
Meer oor:  Musiek  |  Jack Parow
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.