Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Virtuele skoolkoor sing ‘Hallelujah’ vir hulpfonds

Sowat 90 leerlinge van die Roedean Senior School in Parktown, Johannesburg, sorg vir hoendervel-oomblikke met hul weergawe van die Leonard Cohen-liedjie “Hallelujah”.

Die leerlinge wou tydens die staat van inperking ’n bewusmaking skep van die solidariteitsfonds waarmee die staat geld wil insamel vir die bekamping van die koronavirus in die land, en het besluit om video’s van hulself in hul onderskeie huise te neem terwyl hulle die liedjie sing.

Dié video’s is deur hul dirigent, Ralf Schmitt, en sy span saamgevoeg om in sy woorde ’n “virtuele koor” te vorm. Hul eindproduk is binne drie dae reeds meer as 620 000 keer op Facebook en meer as 157 000 keer op YouTube gekyk.

“Ek dink almal is verlede Maandag ontroer deur die president se toespraak oor die pandemie – ons was beslis,” sê Schmitt, wat die koor sedert 2007 aanvoer.

“Ons het besluit om te help, so ons gebruik eintlik die video om bewusmaking oor die solidariteitsfonds te skep. Indien jy kan, gaan asseblief na www.solidarityfund.co.za en skenk jou geld daar.”

Schmitt, wat ook die wêreldbekende Ndlovu-jeugkoor se dirigent is, sê dit is ’n “gelukkige toeval” dat die Roedean School se koor die Cohen-liedjie sedert die begin van die jaar sing, veral omdat dit nou so gepas is.

“Toe die skole (weens die inperking) sluit en ons ’n liedjie gesoek het om te sing, was dit eintlik ’n maklike keuse.

“Ons boodskap daarmee is in dié tyd ook duidelik: Hoewel ons almal apart is, is ons ook saam, net soos die hutsmerk #TogetherApart lui.”

Benewens sy sukses met die Ndlovu-jeugkoor, veral op die America’s Got Talent-verhoog, was Schmitt ook tot onlangs nog die dirigent van die Hoërskool Rustenburg se skoolkoor.

Netwerk24 het in Augustus verlede jaar berig dat die koor ’n musiekvideo van die Queen-liedjie “Bohemian Rhapsody” uitgereik het, wat ook soos ’n veldbrand op die internet versprei het.

Hierdie video is sedertdien meer as 1,8 miljoen keer op Facebook en meer as 330 000 keer op YouTube gekyk.

Meer oor:  Koor  |  Musiek  |  Koronavirus  |  Solidariteitsfonds  |  Covid-19  |  Ndlovu-Jeugkoor  |  Bohemian Rhapsody  |  Ralf Schmitt
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.