Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
KYK: Waarna luister Mila Guy?

In VIA (DStv-kanaal 147) se musiekprogram, Klink soos naweek, kuier die sosialemedia-ster Katinka “Die Kat” Oosthuizen saam met ’n bekende gas by die Weiveld in Pretoria.

Ons leer haar gaste ken deur hul tien gunsteling- Afrikaanse musiekvideo’s te kyk en ons flits ook deur die top-10-trefferparades wêreldwyd en op eie bodem.

mila guy

Die aktrise Mila Guy bederf ons dié week op Klink soos naweek met haar sprankelende persoonlikheid en nagtegaalstem. Sy maak ’n draai by die ateljee om haar gunsteling- Afrikaanse liedjies met die aanbieder, Katinka Oosthuizen, te deel.

3. Tarryn Lamb – Geheueverlies

Ons vier saam met die gewilde Tarryn Lamb die uitreiking van haar eerste Afrikaanse treffer-enkelsnit, “Mal oor jou”. Sy was die voorsanger van die groep Blackbyrd en haar album Mal oor jou is haar eerste Afrikaanse projek. Volg die skakel vir die musiekvideo van die treffer “Geheueverlies”!

2. Almero - Donnerse lag

Op die 21-jarige Almero Welgemoed se debuutalbum, Maandag, is daar drie temas – verhoudings, geloof en die dood. Almero bekoor jou met liedjies wat oorspronklike en persoonlike kwessies aanraak.

Sy enkelsnit, “Donnerse lag”, is belaai met woede en frustrasie wat gepaardgaan met die uitdagings van die vermaaklikheidswêreld. As jy nog nie daarna geluister het nie, waarvoor wag jy?

1. Bouwer Bosch & Lucinda Neethling – Oogkontak

Bouwer Bosch, hoofsanger van die Sama-benoemde musiekgroep Straatligkinders, snoer kragte saam met Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie) in hul splinternuwe treffer, “Oogkontak”. Hulle nuwe EP, Waar die see die kus omhels, is gevul met soortgelyke klanke as die jongste Straatligkinders-album.

Dié twee het besluit om dieselfde musikale geur verder te ontwikkel. “Oogkontak” spog met suiwer, akoestiese klanke. Luister dit nou!

  • Nuwe episodes van Klink soos naweek wys elke Vrydag om 20:30 op VIA, met heruitsendings Saterdae om 22:00.
Meer oor:  Mila Guy  |  Musiek  |  Via  |  Klink Soos Naweek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.