Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘La Traviata’ in Jhb opgevoer

Die gewilde opera La Traviata deur die Italiaanse komponis Giuseppe Verdi word vandeesmaand deur die geselskap Sempre Opera in The Mandela in die Joburgteater in Braamfontein, Johannesburg, opgevoer.

Danie Verster, Leah Gunter en Yudi Cohen in La Traviata.

“Ons bevind ons in ’n tyd waarin jy nie minder bekende werke kan opvoer nie omdat ons gehore van vooraf bou,” sê Linette van der Merwe, mezzo-sopraan en voorsitter van Sempre Opera, ’n niewinsgewende geselskap.

Dit word in die oorspronklike lengte in drie bedrywe van 22 tot 30 Junie aangebied. Dit word in Italiaans opgevoer met Engelse onderskrifte.

“Jy moet kies wat gewild is en La Traviata is baie bekend danksy mense soos Luciano Pavarotti en Andrea Bocelli. Dit duur ongeveer twee en half uur en die musiek daarin is baie bekend. Tweedens het ons gaan kyk wanneer laas hierdie opera in Johannesburg opgevoer is. Die ander faktor is natuurlike die rolverdeling. ’n Mens het stemme in gedagte, maar dit hang ook af van wie beskikbaar is.”

La Traviata, gegrond op Alexandre Dumas se roman The Lady of the Camellias (oorspronklik in Frans La Dame aux Camélias), is die eerste keer op 6 Maart 1853 in Venesië opgevoer. Dumas se roman vertel van Marie Duplessis, wat werklik ’n liefde van Dumas was, wat op 23-jarige ouderdom dood is.

“Dat dit op ’n boek gegrond is, verken ook lekker die gebied van intertekstualiteit en nuutskeppinge,” sê Van der Merwe, wat die rol van Flora Bervoix, Violetta se ligsinnige vriendin en vertroueling vertolk.

Die opera vertel die liefdesverhaal van die heldin Violetta Valéry en Alfredo Germont wat skipbreuk ly wanneer sy pa, Giorgio Germont, Violetta dwing om dit te beëindig om sy familie se reputasie te beskerm.

Die sopraan Leah Gunter sing die rol van Violetta, haar debuut by Sempre Opera, en die tenoor Yudi Cohen sing die rol van Alfredo Germont. Pierre du Toit is die regisseur en Schalk van der Merwe is die dirigent wat die Capital-kamerorkes aanvoer.

Anders spelers is+ Danie Verster (bariton), Chris Mostert (tenoor) en Duard Jonker (bariton).

* Vertonings is van 22 tot 30 Junie. Vertoontye wissel en kaartjie kos R200 tot R475. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  La Traviata  |  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.