Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Laaste prima donna’ sterf in Italië

Die Italiaanse sopraan Mirella Freni (84) is Sondag dood.

Die Italiaanse sopraan Mirella Freni.

Freni, wat aan ’n aftakelende spierkwaal gely het, het in haar huis in Modena, Italië, ná ’n reeks beroertes gesterf, sê haar bestuurder, Jack Mastroianni.

Haar loopbaan het oor meer as vyf dekades gestrek.

Die Amerikaanse dramaturg Albert Innaurato beskryf haar as “die laaste prima donna”.

Sy het in 1965 as Mimi in Giacomo Puccini se opera La Bohème vir die eerste keer in die Metropolitan-operahuis in die VSA gesing.

Die sopraan Zinka Milanov het glo agter die verhoog oor Freni gesê:

“Sy is so wonderlik, hierdie meisie, sy klink soos ’n jong ek.”

Freni was ’n jeugvriend van die ontslape Italiaanse tenoor Luciano Pavarotti en hul ma’s het in dieselfde tabakfabriek gewerk waar George Bizet se opera Carmen afspeel.

Haar loopbaan sluit in Susanna in Mozart se The Marriage of Figaro, een van die jong rolle wat sy gesing het toe sy al ouer as 50 was omdat haar stem jonk geklink het.

Die Italiaanse tenoor Luciano Pavarotti en Mirella Freni.

Sy word in dieselfde asem as ander operasangers soos Maria Callas, Joan Sutherland en Renata Tebaldi genoem.

Sy is as Mirella Fregni – sy het haar van later sonder die “g” gespel – op 27 Februarie 1935 in Modena gebore.

Sy het haar formele debuut in haar tuisdorp in 1955 as Micaela in Carmen gemaak.

Sy is in dieselfde jaar met Leone Magiera, ’n koorleier en dirigent, getroud.

Hulle het een dogter, Micaela, vernoem na Freni se karakter in Carmen.

Freni en Magiere is geskei en sy is later met die Bulgaarse operabaas Nikolai Ghiaurof getroud.

Hulle het dikwels die verhoog gedeel. Hy is in 2004 dood.

Sy word oorleef deur haar dogter, ’n suster en twee kleinkinders.

* Saamgestel uit The Washing Post en USA Today.

Meer oor:  Musiek  |  Opera
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.