Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Legacy’-reeks stampvol treffers op YouTube te hoor
Charl du Plessis voor die klavier. Foto: RMB

’n Hele versameling van die beste musieknommers uit 22 jaar van RMB Starlight Classics se bestaan is nou vir die publiek beskikbaar gestel. Dié Legacy Series is op YouTube en dus gratis.

Meer as 30 sterre wat oor die jare saam met Suid-Afrikaanse orkeste in dié gewilde konserte opgetree het, kan in vier episodes gehoor word.

Die jong sanger Joshua Bouwer. Foto: RMB

Onder dié musici is die pianis Charl du Plessis, die rocker Karen Zoid, Afropop-sangers soos Lira, Zahara, Zolani Mahola en J’Something, die jongeling Joshua Bouwer, asook Gaston Rivero, Siyabonga Maqungo en die opera-sensasie Pretty Yende se suster Nombulelo Yende.

Benewens die bekende Richard Cock, wat die uitvoerings met sy gebruiklike sjarme gelei het, was Brandon Phillips, Chad Hendricks en Unathi Malunga op die dirigeerpodium.

Carolynne Waterhouse van RMB sê in ’n verklaring dit is vir dié bank “allerbelangrik om die kreatiewe ekonomie in die land lewend te hou in ’n tyd dat die kunstenaars wat vir ons soveel vreugde bied, verhinder word om mense byeen te bring en gehore met hul lewende vertonings te inspireer”.

Die opnames is gemaak van optredes in die Johannesburg-buiteklub en die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes.

Só lyk die vier programme:

Episode 1 New World Symphony van Dvorak met Du Plessis en die Johannesburg-feesorkes; Love Potion met Mafikizolo en die Soweto-gospelkoor; “Ah! Je veux vivre”, aria uit Romeo and Juliet van Gounod uitgevoer deur Yende; “Small Room” deur Zoid en Afrikariz; “Stars” uit Les Misérables gesing deur Bongani Khubeka; “I Will Survive” met Thembeka Mnguni; en die bekende “Nessun dorma”-aria uit Turandot van Puccini deur Rivero en die Chanticleer Singers.

Episode 2

Toccata in D mineur van Bach met Du Plessis en die Kaapstadse Filharmoniese Orkes (KFO); “Ntjilo Ntjilo” met Sunnyboy Dladla, Cecilia Rangwanasha en Lira; “Un bel di” uit Madame Butterfly van Puccini deur Rangwanasha; “Perfect Symphony” met J-Something en Sipho Fubesi; “Natural Woman” met Zoë Modiga; die Napolitaanse lied “Torna a Surriento” deur Dladla; en “Cruel, Crazy, Beautiful World” gesing deur Siki Jo-An en Lee Scott.

Episode 3

“Never Enough” deur Yende; “Sugarman” deur die sanger Ard Matthews en kitaarmeester Juan Oosthuizen; “The Typewriter”, ’n werk deur Leroy Anderson waarin ’n tikmasjien as perkussie-instrument ingespan word, gespeel deur Magda de Vries saam met die KFO; “Phendula” met Zahara en die Chanticleer Singers; “Dein is mein ganzes Herz” uit die operette Land des Lächelns (Glimlagland) van Franz Lehár deur die sanger Jacques le Roux; en “When You’re Smiling” deur Bouwer.

Episode 4

Piazzolla se Libertango met Karendra Devroop, “Fire is low” met Mahola; “Musetta se wals” uit La Bohème van Puccini gesing deur Lynelle Kenned; “Toe vind ek jou” met Zoid en die Drakensberg-seunskoor; “Votre Toast”, bekend as die “Toreador”-lied uit Carmen van Bizet, gesing deur Kubheka en die Kaapstad-operakoor; “The Prayer” met Kenned, Maqungo, July Zuma en Dladla; en “Something Inside So Strong” met Lira en die Mzansi-jeugkoor.

• Om hierna te luister, gaan na Google, tik in RMB Starlight Classics Legacy Series en die vier episodes sal op jou skerm verskyn.

Meer oor:  Youtube  |  Rand Merchant Bank  |  Starlight Classics  |  Charl Du Plessis  |  Musiek  |  Legacy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.