Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Legendariese Jim Steinman oorlede

Jim Steinman, die Grammy-wenner en liedjieskrywer, is Maandag op 73-jarige ouderdom dood.

Volgens Sky News het Bill Steinman, sy broer, Woensdag bevestig dat hy Maandag ná ’n lang siekbed in sy huis in Connecticut aan nierversaking dood is.

Hy het aan Associated Press gesê hy mis sy broer al klaar geweldig baie.

Steinman is bekend vir die treffers wat hy geskryf het vir Bat Out of Hell, Meat Loaf se topverkoper-album, en ook vir treffers wat Céline Dion, Air Supply en Bonnie Tyler gesing het.

Die webtuiste jimsteinman.com sê in ’n huldeblyk benewens sy genre-uitdagende bydraes tot musiek laat Steinman ’n belangrike nalatenskap van teater- en musiekvideo’s agter.

American songwriter and producer Jim Steinman (lef
Jim Steinman (links) en Meat Loaf in 1978. Foto: Getty Images

Hy is op 1 November 1947 in New York gebore en het sy loopbaan begin in musiekteater, waar hy opera-agtige rockliedjies en ballades, wat kenmerkend van sy styl geword het, geskryf en vervaardig het.

Steinman is met ’n Grammy vir sy werk aan Dion se album Falling Into You bekroon en is in 2012 in die Heldesaal vir liedjieskrywers opgeneem.

Meat Loaf se album Bat Out of Hell is in 1977 met Steinman se musiek uitgereik en het een van die topverkoper-albums van alle tye geword.

Hy het ook Meat Loaf se 1993-album Bat Out of Hell II: Back Into Hell en die opvolg in 2006, Bat Out of Hell III: The Monster Is Loose, geskryf, berig Skynews.

Dié drie albums was die inspirasie vir die rock-musiekproduksie Bat Out of Hell: The Musical, wat in 2017 die lig gesien het.

By sy inhuldiging in die Heldesaal vir liedjieskrywers het Meat Loaf gesê: “Daar is nie nog ’n liedjieskrywer soos hy nie. Ek kan hom nooit vergoed nie – hy het inderdaad so ’n groot invloed op my lewe gehad. Ek het soveel by hom geleer dat daar geen manier is waarop ek mnr. Jim Steinman ooit sal kan terugbetaal nie.”

Tyler het Donderdag aan BBC News gesê Steinman was ’n ongelooflike mens wat omgegee het.

“Hy was ’n lieflike, humoristiese, vriendelike, ondersteunende, diep omgee-mens, asook die ongelooflike skrywer van die mees ikoniese liedjies.”

In 1996 het hy saam met Andrew Lloyd Webber aan die musiekproduksie Whistle Down the Wind gewerk.

Lloyd-Webber het Steinman as “uniek” beskryf.

Jim Steinman Foto: Steinman Memorial Page www.jimsteinman.com

“Hy was enig in sy soort. Een van die mooiste, vriendelikste mense wat ek nog in hierdie bedryf teëgekom het,” het Lloyd-Webber aan BBC Radio 4 gesê.

“Om te sê dat hy lief was vir (die Duitse komponis Richard) Wagner, sou dit nie regverdig nie. Hy was soort van die Wagner van rock.”

Dion het ook hulde aan Steinman gebring en hom as ’n “musikale genie” beskryf.

“Die geleentheid om saam met hom te kon werk, was een van die grootste voorregte in my loopbaan,” het sy getwiet. “Ek bid vir sy familie en vriende.”

Meer oor:  Nierversaking  |  Musikant
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.