Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Libertaskoor help met insameling vir gemeenskap
Die Libertas-koor wat deelneem aan Stellenbosch on Stage. Voor is Johan de Villiers, dirigent van die koor. Foto: André Engelbrecht

Stellenbosch word van 11 Julie op die virtuele ‘map’ geplaas met musiek, wyn, kos en gulhartigheid waarvan die dorp ’n oorvloed het.

Die hoofgereg op die spyskaart Stellenbosch on Stage is die Libertaskoor onder leiding van sy jare lange dirigent Johan de Villiers. Hulle sal ’n regstreekse vertoning van 60 minute lewer met liedjies wat die dorp besing, asook solosang en opgewekte Suid-Afrikaanse liedere.

Die seremoniemeester is Gillian Arendse.

Om die geleentheid op te kikker, is verskeie bottels wyn spesiaal uitgesoek om bykomend tot die “teaterkaartjie” te koop.

Dit is die eerste van drie Stellenbosch on Stage-geleenthede, wat georganiseer word deur Visit Stellenbosch, die amptelike toerisme- en inligtingsorganisasie vir die dorp.

Die opbrengs is ten bate van Stellenbosch Unite, ’n inisiatief wat ondersteuning aan kwesbare gemeenskappe tydens die Covid-19-pandemie bied.

Die virtuele kooruitvoering is op 11 Julie om 19:00 en kan nog vir sewe dae daarna gestroom word. Kaartjies kos R100 en is reeds by Computicket te kry. Sodra ’n kaartjie uitgereik is, kry kykers besonderhede om toegang tot Computicket se video-op-aanvraag-platform te verkry, waar die konsert uitgesaai word.

Met die aanskaf van die kaartjie word dan ook die opsie gebied om die Trots Stellenbosch-wynboks by die transaksie te voeg. Daar is drie keuses: ses bottels witwyn vir R670, ses bottels rooiwyn vir R770 en gemeng vir R720 per boks. Die wyn word gratis afgelewer op Stellenbosch en kos R50 per bestelling van elders in die land.

Volgens Visit Stellenbosch kan kos van verskeie restaurante bestel word.

Rig navrae per e-pos na info@visitstellenbosch.org of bel 021 886 4310.

Meer oor:  Musiek  |  Libertas-Koor  |  Johan De Villiers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.