Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Libertaskoor vier 30ste bestaansjaar in Endler
Johan de Villiers het die Libertaskoor in 1989 gestig en is sedertdien hul dirigent.

Die Stellenbosse Libertaskoor gaan sy 30ste bestaansjaar met ’n luisterryke konsert in die Endlersaal op Stellenbosch vier.

Die koor vir volwassenes word sedert sy ontstaan in 1989 deur Johan de Villiers gedirigeer. Saam het hulle oor die dekades heen groot hoogtes bereik. Benewens optredes in Brittanje, Duitsland, Nederland, België en die VSA, is die koor vroeër vanjaar op die Woordfees vir ’n Woordtrofee benoem.

Hul vieringskonsert in die Endlersaal gaan ’n wye verskeidenheid gewyde en sekulêre werke insluit. Kontemporêre stukke deur Ola Gjeilo en Eriks Esenvalds gaan ook saam met liedjies deur Johnny Clegg, Miriam Makeba, Coenie de Villiers, Sting, Calum Scott en Billy Joel gehoor word.

Die konsert vind op 10 November om 16:30 in die Endlersaal op Stellenbosch plaas. Kaartjies kos R140 (R100 vir pensioentrekkers, studente en kinders jonger as 18). Bespreek by Computicket. Stuur ’n e-pos na info@libertas.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Koor  |  Libertas  |  30
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.