Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
Liedjieskrywer-trom roep jong Christoff
Christoff Snyman (13)

As ons saamstaan in moeilike tye kan ons groot uitdagings oorkom. Dít is die boodskap wat Christoff Snyman (13) van Durbanville in sy liedjie, “African drum”, wat hy onlangs self geskryf het, probeer oordra aan mense oor die land heen.

“Dis nou die staat van inperking, so toe het ek die idee gekry om die liedjie te skryf toe ek my vriende begin mis en uitsien na die dag om hulle weer te sien,” vertel dié leerling van die Laerskool Durbanville in Kaapstad.

Die boodskap wat hy aan mense wil oordra, is as mense saam kan werk as een land sal hulle deur enigiets kan kom.

Dié boodskap is duidelik in die lirieke, wat onder meer lui: “We are a nation, we stand together and fight; Whatever the danger, we stand together as one; We will fight when we hear the African drum.”

Christoff sê hy het geen hulp met die lirieke gehad nie en dat die woorde uit sy hart kom.

“Toe ek na my vriende verlang het, het ek na my pa se kantoor geloop en die woorde geskryf wat ek gevoel het.”

Hy skerts dat hy nie werklik van skool hou nie, maar dat Afrikaans en Engels van sy gunsteling-vakke is.

Christoff sê hy het die liedjie geskryf om mense te inspireer en te vertel dat daar hoop is.

Christoff se pa, Christo Snyman, is deel van die musiekgroep Die Broers en besit ook die platemaatskappy Snyman Musiek Produksies (SMP).

Volgens hom het Christoff van die begin af saamgewerk aan die produksie van die liedjie en het baie spesifiek gevra vir ’n spesifieke klank en instrumente.

Snyman sê hy was in die ateljee besig met werk toe sy vrou, Danel, bel om te sê hy moet huis toe kom omdat iets besonders gebeur het.

“Ek het nie veel daarvan gedink nie omdat hy al met oulike idees vorendag gekom het. Toe ek by die huis kom en hy die stuk a cappella vir ons sing, was ek verstom, nie net oor die wysie nie maar oor die lirieke.

“Ek kon niks aan die lirieke verander nie, dit was net daar.”

Snyman sê die liedjie is in die ateljee verwerk en opgeneem.

Volgens hom het Christoff van die begin af saamgewerk aan die produksie van die liedjie en het baie spesifiek gevra vir ’n spesifieke klank en instrumente.

“Dit was baie indrukwekkend vir my in terme van hoe hy die verwerking in sy kop gehoor het terwyl hy die liedjie geskryf het.”

Christoff is deel van die Tygerberg-kinderkoor en ook die hoofseun van die Laerskool Durban­ville se skoolkoor.

Die liedjie was gister in die tiende posisie op SMP se ranglys van topliedjies. Christoff was ook onlangs ’n gas in Haidee Muller se program Oppiradio op RSG.

Christoff sê hy sal graag eendag ’n rugbyspeler en ’n musikant wil word. Hy speel tans losskakel in sy skool se rugbyspan.

As hy eendag ’n musikant is, wil hy kitaar speel en sing.

“African drum” is op alle elektroniese platforms beskikbaar om af te laai.

Meer oor:  Musiek  |  Musikant  |  Liedjieskrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.