Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Musiek
‘Liefde by die Dam’ trek weer groot skare
Pierre Greeff voor die skare van 12 000 mense op die afgelope Liefde by die Dam-konsert in Durbanville, Kaapstad.Foto: Henry Engelbrecht

Nie net was die kaartjies vir die Liefde by die Dam-konsert uitverkoop nie, dit het ook Saterdag sowat 12 000 mense na die Meerendal-wynplaas naby Durbanville gelok.

Dit is die tweede keer dat hierdie konsert, wat jaarliks langs die Emmarentia-dam in Johannesburg gehou word, ’n Kaapse draai gemaak het.

Pierre Greeff, hoofsanger van Die Heuwels Fantasties en een van die organiseerders, meen daar is ’n groot behoefte aan hierdie tipe konserte in die Kaap.

Hy sê geen ander groot musiekkonserte word in hierdie tyd aangebied nie. Musiekkonserte soos KDay vind in Maart plaas en Kirstenbosch se somerkonserte begin eers ’n bietjie later.

Konsertgangers by die Liefde by die Dam-konsert die afgelope naweek. Foto: Henry Engelbrecht

“Die somer is hier en ons wou die eerste groot partytjie van die somer hou,” sê hy.

Volgens hom het verlede jaar se konsert 9 000 mense gelok en vanjaar se program het miskien ook ’n rol gespeel om selfs meer mense na die konsert te lok. “Vanjaar het ons ’n helse line-up gehad.”

Dit het bestaan uit Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Early B, Arno Carstens, Majozi, Karlien van Jaarsveld, Snotkop, Spoegwolf, Tasché, Lukraaketaar en Loki Rothman. Die komediant Schalk Bezuidenhout was die seremoniemeester.

Greeff sê hoewel nog niks gefinaliseer is nie, sal hulle beslis volgende jaar terug wees. Dit sal moontlik weer op die tweede of derde Saterdag in November aangebied word.– SZ Minnaar

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.